Ankers: 1975-1994
Elke mens het lesse wat jy in die lewe geleer het. Sommige van hierdie lesse, staan bo die vele ander lesse uit en dien as ankers vir jou in die lewe.
Partykeer is dit omdat dit ‘n “duur les” was - wat jy selfs al weggewens het - ander kere is dit omdat dit ‘n wonderlike les van God se seën en getrouheid was. Ongeag die agtergrond van hierdie “ankerlesse”, is dit lesse waarna jy telkens teruggryp in moeilike tye. Dit dien vir jou as anker en gee weer vir jou perspektief op dit wat voorhande is.
Net soos elke mens sulke “ankerlesse” het, net so het elke gemeente “ankerlesse”
wat ons al op ons reis met God geleer het.
Hierdie is Dalpark se “ankerlesse” van 1975-1994

Teen alle verwagting in.
Voor die afstigting van die gemeente het ons in 1975 van destydse leraars in die Brakpan Ring nogal teenstand gekry. Dit was wel ook te verstane. Ons wou afstig van Dalview met net meer as 200 lidmate en hulle was van oortuiging dat die nuwe gemeente nie die mas sou opkom nie.
Teen alle verwagtinge in, is daar binne die bestek van net meer as 2 jaar ‘n voltydse leraar (Ds Dirk Myburgh) beroep, ‘n pragtige kerkgebou opgerig en ‘n ruim pastorie gebou.
Ons as jong gemeente het reeds in ons “babaskoene” geleer dat met saamstaan en geloofsvertroue die skynbaar onmoontlike bereik kan word.

'n Profetiese hoeksteenlegging.
Op 26 Jan 1980 is die hoeksteen van die kerkgebou in die splinternuwe buurt genaamd “Dalpark” gelê deur Ds Myburgh. Die Skrif op die hoeksteen lui: “Matt 11:28 Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” Vandag glo ons dat die hoeksteenlegging profeties heenwys na die rol wat ons glo ons gemeente in ons buurt moet speel.
Spontane hartlikheid.
Die geesdrif in die splinternuwe gemeente (en nuwe uitbreiding van die gemeenskap) het geblom en eredienste is goed bygewoon. Dalpark gemeente se verhaal is oor mense wat vrolik en energiek is. Dit is vandag nog deel van ons verhaal - en vir menige besoeker is die spontane vrolike eredienste een van die eerste bewuswordings.
Geloofsekerheid as fondament.
Reeds met die begin van die gemeente is die suiwer eenvoudige evangelie deur Ds Myburgh verkondig. Die gevolg was baie bekerings asook bestaande gelowiges wat versekering van hulle geloof gekry het. Ds Myburgh het selfs genesingsdienste in Dalpark gehou – iets wat vir die NG Kerk in daardie tyd totaal vreemd was.
Die kerkgebou sou net dien as 'n plek vir aanbidding, terwyl die kerkraad se vernaamste taak die van sielsorg en opbou van die gemeente was.
Die teologiese fondament waarop Dalpark gebou is, is op die suiwer evangelie: Bekering en geloofsekerheid. Die mens wat ‘n Verlosser nodig het – en die feit dat net Jesus Christus daardie verlossingswerk kan verrig. Met enige afwyking van hierdie fondament sou ons ons bestaansreg verloor. Reeds van die begin van ons geskiedenis wou ons ons oopstel vir die kragtige werking van die Heilige Gees.

Die benutting van geestelike gawes.
Reeds in ons gemeente se dae van “babaskoene”, was dit duidelik dat dit nie ‘n gemeente sou wees waar net die leraar in die koninkryk arbeid nie. Van die begin af is daar gebruik gemaak van lidmate se geestelike gawes, passies, vermoëns, persoonlikhede en persoonlike getuienisse – om saam volwaardig geestelike familie te wees.
Lidmate se talente is doelbewus ingespan om 'n groter mate van samehorigheid te wek en lidmate die geleentheid te gee om die Here op verskillende maniere te dien. Reeds in hierdie tyd het die gemeente gesien dat byvoorbeeld musiek, sang en toneel, met groot seën vir die gemeente en tot eer van God, gebruik kan word.
Ons gemeente het geleer dat God elke lidmaat toerus om ‘n spesifieke bydrae te maak tot ons geestelike familie / liggaam – en dat ons eers ‘n volmaakte familie / liggaam sal wees as elke lidmaat sy verantwoordelikheid sal opneem.

'n Jeugherlewing wat uitkring.
In Julie 1985 word Ds Kobie as tweede leraar na Dalpark beroep. Een van die areas van sy bediening was die Jeug. Met die Pinkster van 1986 maak 11 jongmense die besluit om hul lewens aan Jesus toe te wy. Daardie Julie gaan die Jeug op hul eerste kamp en ‘n verdere 31 jongmense wy hulle lewens aan die Here toe.
Hierdie gebeure het herlewing onder die Jeug totstand gebring. Die Kruispad Koffiekroeg word direk as gevolg van hierdie gebeurtenisse in die middel van Brakpan gevestig. Vrydag- en Saterdagaande was kleingroepaande en uitreiking na die straatkinders van Brakpan vind daar plaas.
Positiwiteit onder volwassenes het die manier om oor te spoel na ‘n gemeente se jeugbediening. Maar ‘n gesonde jeugbediening het weer op sy beurt die manier om hoop te gee vir volwassenes in ‘n gemeente. Mens weet nooit watter een kom eerste nie. Tog loop die twee altyd hand in hand. In die verhaal van Dalpark is hierdie ‘n tendens wat homself telkens sou herhaal.

Verantwoordelike vernuwing.
Ds Corneel Rautenbach word in April 1989 beroep na Dalpark, en hy neem die jeugwerk by Ds Cobie oor. Beide die jeug en die volwassenes was baie lief vir Corneel en hy laat ‘n groot indruk op baie jongmense.
Vir ‘n tydperk van ‘n jaar lank, is daar nou 3 leraars in Dalpark se geskiedenis. Ds Dirk Myburgh (stigtersleraar), Ds Kobie Du Plessis en Ds Corneel Rautenbach. Ds Myburgh tree af op 1 April 1990.
Met die koms van Ds Corneel het Ds Kobie op ander aspekte van die gemeente begin fokus. Seker die belangrikste was die blootstelling van die gemeente aan Lofprysing en Aanbidding - tot op daardie stadium heel onbekend in die NG Kerk.
Met groot entoesiasme is daar lofsangaande in die gemeente gereël. Kunstenaars is ook genooi om Sondagaande op te tree. ‘n Hoogtepunt was sekerlik die eerste besoek van Jan de Wet.
Aanvanklik was sommige lidmate besorg oor die rigting wat ingeslaan is. Maar baie was reeds gereed om die nuwe musiek met ope arms te ontvang. Stelselmatig het Sondagaande meer informeel geraak en kort voor lank het Dalpark ‘n eie voorsanggroep gehad. Dalpark het algaande bekend geword vir ons vernuwende musiekstyl.
Dalpark leer in hierdie tyd dat lofprysing en aanbidding meer is as net die sing van geestelike liedjies! Dit is ook nie iets wat los staan van ‘n boodskap in die erediens nie, en ook nie iets wat gedoen word om tyd op te maak nie. Voortaan sou opregte lofprysing en aanbidding in Dalpark ‘n kernfondament vorm van elke erediens.

Eenheid in verskeidenheid.
Soos sekerlik in elke NG Gemeente regoor die land, was die jare voor die 1994 verkiesing gekenmerk deur politieke spanning wat tot in die gemeente deurgewerk het. Destydse Pres. FW Die Kerk se beleid ten opsigte van apartheid is op kerkraadsvergaderings met uiteenlopende standpunte bespreek - en soms het harde woorde geval.
'n Paar kerkraadslede en lidmate het dan ook gebreek met die N.G.KERK en hulle aangesluit by die Afrikaanse Protestantse Kerk. Daar was egter 'n paar kerkraadslede wat wel verskil het met die beleid van ons Kerk, maar wat nogtans by die gemeente gebly en net soos vantevore hulle volle samewerking en diens aan die gemeente gegee het.
Ons het geleer dat ons as kinders van die Here nie altyd oor alles met mekaar saamstem nie – en dat daar in werklikheid ‘n verskeidenheid van opinies oor ‘n saak mag wees. Die belangrike om te onthou is dat ons steeds dienende lede van die een liggaam van Jesus Christus is. En daarom glo ons aan eenheid in verskeidenheid.