Dalpark NG Kerk
  • Ons tuisblad
  • Ons mense
    • Ons vrouens>
      • Gebedsgroep vir vroue
      • Ons mans
        • Ons seniors
          • Ons jongmense>
            • Ons kinders
              • Ons tieners
                • Ons jong volwassenes
                • Ons omgeegroepe
                  • Ons enkellopendes
                  • Ons eredienste
                    • Oggenddienste
                      • Aanddienste (Paletdienste)>
                        • Bybelskool
                          • Kursus oor Islam
                            • Jeugdiens
                            • Kinderkerk
                              • Musiek
                                • Cd-bestellings
                                  • Week van gebed
                                    • Goeie Vrydag
                                      • Hemelvaart
                                        • Pinkster
                                          • Kersfees
                                            • Oujaarsdiens
                                            • Ons kursusse
                                              • Bybelskool
                                                • Nuwe lidmaat seminaar
                                                  • Pa-konferensie
                                                    • Konferensie vir enkellopendes
                                                      • Huweliksvoorbereiding
                                                        • Kursus vir doopouers
                                                          • Die essensie van geregtigheid
                                                            • Kursus oor kindernagmaal
                                                              • Kursus oor die Joodse Pasga
                                                                • Kursus oor Islam
                                                                  • Theophostic kursus
                                                                  • Ons kampe
                                                                    • Kinderkamp
                                                                      • Uitkampnaweek
                                                                        • Huishulpkamp
                                                                          • Mannekamp
                                                                          • Ons admin
                                                                            • Ons dagboek
                                                                              • Doop
                                                                                • Huwelike
                                                                                  • Begrafnisse
                                                                                    • Saalbesprekings
                                                                                      • Gedenkmuur
                                                                                        • Debietorders
                                                                                        • Kontak ons
                                                                                          • Ons in die kuberruim
                                                                                            • Ons personeel
                                                                                              • Skedulering van afsprake
                                                                                                • Sielkundige dienste
                                                                                                  • Ons padkaart
                                                                                                    • Ons kontakbesonderhede
                                                                                                    • Ons gemeente
                                                                                                      • Ons glo . . .
                                                                                                        • Ons embleem
                                                                                                          • Ons vorige embleme>
                                                                                                            • Koringaar
                                                                                                              • Atleet
                                                                                                                • Voetewas
                                                                                                                • Ons leraars>
                                                                                                                  • Huidige leraars>
                                                                                                                    • Ds Hennie Pienaar
                                                                                                                      • Prop Enel Ferreira
                                                                                                                        • Ds Nati Stander
                                                                                                                        • Vorige leraars>
                                                                                                                          • Ds Dirk Myburgh
                                                                                                                            • Ds Cobie Du Plessis
                                                                                                                              • Ds Corneel Rautenbach
                                                                                                                            • Ons verhaal>
                                                                                                                              • Ons ontstaansjare
                                                                                                                                • 1975-1994
                                                                                                                                  • 1995-2004
                                                                                                                                    • 2005-2010
                                                                                                                                  • Ons getuienistaak
                                                                                                                                    • Daguitreike>
                                                                                                                                      • Assesseringskamer
                                                                                                                                      • Kersete 2011
                                                                                                                                        • "London Bridges"
                                                                                                                                          • Ons sendelinge>
                                                                                                                                            • Ds Marius Storm
                                                                                                                                              • Tinus & Lana Els
                                                                                                                                                • Johan Minnie
                                                                                                                                              • Ons mediateek
                                                                                                                                              • Ons funksies
                                                                                                                                                • Ons basaar
                                                                                                                                                  • Ons passiespel
                                                                                                                                                  • Ons dorp
                                                                                                                                                    • Ons & ander Kerke
                                                                                                                                                      • Christelike maatskaplike raad (CMR)
                                                                                                                                                        • Our Care Network

                                                                                                                                                        Ankers: 1995-2004

                                                                                                                                                        Elke mens het lesse wat jy in die lewe geleer het. Sommige van hierdie lesse, staan bo die vele ander lesse uit en dien as ankers vir jou in die lewe.

                                                                                                                                                        Partykeer is dit omdat dit ‘n “duur les” was -  wat jy selfs al weggewens het -  ander kere is dit omdat dit ‘n wonderlike les van God se seën en getrouheid was.  Ongeag die agtergrond van hierdie “ankerlesse”, is dit lesse waarna jy telkens teruggryp in moeilike tye. Dit dien vir jou as anker en gee weer vir jou perspektief op dit wat voorhande is.

                                                                                                                                                        Net soos elke mens sulke “ankerlesse” het, net so het elke gemeente “ankerlesse” 
                                                                                                                                                        wat ons al op ons reis met God geleer het.

                                                                                                                                                        Hierdie is Dalpark se “ankerlesse” van 1995-2004

                                                                                                                                                        Die begin van omgeegroepe.

                                                                                                                                                        In 1994/5 sien die gemeente die ontstaan van die Kleingroep-bediening. Die tradisionele biduur op Woensdae, word omgeskakel in ‘n kleingroep met Ds Corneel aan die stuur, en Ds Kobie begin ‘n tweede groep. Oor die jare het die kleingroepe geleidelik begin groei.

                                                                                                                                                        Ons kul onsself as ons dink ons kan werklik vir mense omgee in ‘n normale erediens. In hierdie tyd leer ons dat ons vir mekaar kan omgee en verantwoordelikheid vir mekaar kan neem deur middel van kleingroepe. Dit sou voortaan al belangriker word in ons gemeente.


                                                                                                                                                        Dalpark is leerbaar.

                                                                                                                                                        Augustus 2000 stuur die gemeente die twee leraars en een ouderling om die leierskap seminaar van Willow Creek in Chicago VSA by te woon. Hulle het met nuwe entoesiasme teruggekeer en een van die vrugte van die besoek was om die formaat van die oggenddienste geleidelik te vernuwe. Die Lofsanggroep het nou ook elke Sondagoggend die voorsang gelei. Almal het gevoel Dalpark is op die rand van herlewing.

                                                                                                                                                        Na die besoek aan Willow Creek gemeente in die VSA, ondergaan die kinderwerk in ons gemeente ook weer vernuwing. ‘n Paar vroue staan aan die stuur om tradisionele Sondagskool met ‘n eietydse model van  Kinderkerk te vervang wat gelyklopend met die oggenddienste sou plaasvind

                                                                                                                                                        Alhoewel kinderwerk se vrugte nooit dadelik sigbaar is nie, beleef Dalpark kort daarna die enorme effek wat die Kinderkerk op ons gemeente het. Baie lidmate sluit in die volgende paar jaar by Dalpark aan vanweë die sinvolle manier waarop die kinderbediening ingekleur word.

                                                                                                                                                        Dalpark leer onder andere vanuit hierdie gebeure, die sinvolheid daarvan om by ander gemeentes te gaan kers opsteek. Ons kan altyd by ander gemeentes leer oor kerkwees, en dit op ‘n inheemse manier in Dalpark vestig. Sedertdien word dit al meer belangrik vir Dalpark om by ander gemeentes oor allerlei sake te gaan leer.


                                                                                                                                                        Pinksterdors.

                                                                                                                                                        Pinkster was nog altyd die hoogtepunt van die jaar vir Dalpark. Een jaar het Gary Kieswetter met sy interessante aanbiedings ‘n groot impak op die gemeente gehad. Die mees suksesvolle Pinkster was seker in 2000. Die Amerikaanse evangelis Dr Fred McCoy het ‘n kragtige reeks boodskappe gebring. Die Kerk was letterlik gepak vir elke aand van die week. Talle het gereageer op Dr Fred se uitnodigings, ons het almal gevoel herlewing is in die lug….

                                                                                                                                                        Elke gemeente het unieke kenmerke. Een van Dalpark se vele kenmerke is die natuurlike dors na die wil van God tydens Pinksters. Mens kan amper sê elke Pinkster in Dalpark is ‘n anker op sy eie. 


                                                                                                                                                        'n Hartseer hoofstuk.

                                                                                                                                                        Soms wens mens dat jy sekere paaie nie hoef te geloop het nie, en sekere lesse nie hoef te geleer het nie. Soms wil mens ‘n slegte hoofstuk van ‘n lewensreis ignoreer of selfs verswyg. Gelukkig is geen tyd “vermorste tyd” vir die Here nie. So is 2001 dan ‘n hartseer hoofstuk in ons gemeente, toe die kerkraad en Ds Corneel Rautenbach bots, en uiteindelik skei. Die proses laat die gemeente hartseer en geskeur. Ons het uit hierdie hoofstuk geleer, dat net so belangrik as dít waaroor ons met mekaar verskil, is die manier waarop ons met mekaar verskil. Intussen het die Here ons gemeente genees en geseën met ongekende eenheid – soos dit veronderstel is om te wees! Alle eer aan die Here!

                                                                                                                                                        'n Nuwe leraarspan.

                                                                                                                                                        In Mei 2003 groet die gemeente hartseer vir Ds Kobie Du Plessis, toe hy ‘n beroep aanvaar na ‘n gemeente in Kanada. Ds Hennie Pienaar word beroep in Aug 2003, en kort daarna word proponent Nati Stander beroep in April 2004. Die Here sorg dat albei leraars presies dieselfde dink oor gemeentebou, en oor hoe om kerk te wees in Dalpark. Saam is hulle ook daartoe verbind om hulle medeleraarskap te láát werk, en om eenheid in die gemeente te vestig. Ons leer in hierdie tyd, dat die Here self weer nuwe leiers oprig, as Hy Sy plan met ander leiers verder wil neem. God hou Sy eie Kerk in stand!

                                                                                                                                                        Duidelike doelwitte.

                                                                                                                                                        Op ‘n gemeentenaweek aan die begin van 2004, neem ons gemeente ‘n finale besluit om ‘n doelgedrewe gemeente te wees. Die kerkraad en gemeente koop die visie van wat dit beteken om duidelike doelwitte as gemeente daar te stel. Die nodige besluite word geneem, waarna die nodige struktuurveranderinge in plek gebring is. Ons het geleer dat dit moontlik is om baie besig te wees, sonder om baie effektief te wees. Omdat ons moderne korporatiewe mense bedien, glo ons dat ons gemeente ook effektiwiteit moet uitstraal.

                                                                                                                                                        Verhoudingsgerigte tienerbediening.

                                                                                                                                                        Einde 2004 neem die kerkraad die groot besluit om weg te beweeg van ‘n programgerigte tienerbediening, en eerder ‘n verhoudingsgerigte tienerbediening daar te stel. Voortaan sou die tienerbediening in omgeegroepe funksioneer en by omsieners se huise bymekaarkom. Die tiener omgeegroepe word Buddy-groepe genoem. Skaars ‘n jaar na die skuif was die vrugte reeds sigbaar. Onbetrokke tieners het betrokke geraak. Betrokke tieners het volwasse Christene geword. En verskeie tieners wat nie lidmate is nie, het ook begin inskakel in die Buddy-groepe – wat ons as gemeente die kans bied om tieners in hul vriendekringe te bedien.

                                                                                                                                                        Om weg te beweeg van ‘n “model” van hoe ons dit nog altyd gedoen het, was moeilik en waaghalsig. Maar ons het in hierdie tyd geleer dat ons as gemeente mag en moet waag, om altyd op ‘n “nuwe manier”, die “ou Boodskap” te bring. In Dalpark word ‘n  openheid vir kreatiwiteit en nuwe idees, ‘n anker. Die feit dat Dalpark ‘n gemeente is wat die moed het om te waag, maak dat daar in ons gemeente ‘n aantreklike energiekheid te vinde is -  opmerklik vir elke besoeker


                                                                                                                                                        © nati@stander.co.za