
In ons deelwees van ‘n geestelike familie speel groepslewe in Dalpark vir ons ‘n baie belangrike rol, want deur groepe word kerklewe meer as net Sondae Feesdienste. Dit gaan oor verhoudings en die geleentheid om gemeenskap te beleef saam met ander mense in jou portuurgroep of in jou omgewing. God het ons gemaak om lewe met mekaar te deel en daarom wil ons jou aanmoedig om betrokke te raak by ‘n omgeegroep deur die onderstaande vorm te voltooi.