Aanddienste (Paletdienste)
Ons aanddienste staan bekend as "Paletdienste". Dit is omdat daar nie net een spesifieke aanddiens is nie, maar verskillende byeenkomste - elk met sy eie aard.
Mense het verskillende behoeftes. Daarom het ons besluit om ons aanddienste in te kleur op 'n manier wat groter verskeidenheid en diversiteit toelaat.
Die een samekoms sal byvoorbeeld die Bybelskool wees. Maar in 'n ander vertrek op die kerkperseel is daar dalk 'n kursus wat aangebied word en op nog 'n ander plek 'n jeugdiens. Mense kan dus self kies wat interesseer hulle en dan die samekoms van hulle keuse bywoon.
Paletdienste begin telkens 18:00.