Assesseringskamer vir die CMR-Brakpan
Teen die tyd weet jy van die Assesseringskamer wat ons gemeente by die CMR Brakpan gaan inrig vir getraumatiseerde kinders. Dit is voorwaar ‘n projek wat langterymresultate gaan oplewer. Ons gaan nog vir lank in ons gemeenskap (en ons streek) die vrugte daarvan sien.
Om hierdie reuse projek egter te laat slaag, gaan ons baie hulp benodig! Sal jy asseblief kyk op watter manier jy ‘n aandeel in hierdie projek kan hê?
Om hierdie reuse projek egter te laat slaag, gaan ons baie hulp benodig! Sal jy asseblief kyk op watter manier jy ‘n aandeel in hierdie projek kan hê?
Die "dop" van die kamer
Ons benodig ‘n paar items om die “dop” van die kamer in te rig. Dit behels byvoorbeeld dinge soos:
- Omdat baie van die assesseringswerk op die grond gedoen word, benodig ons ‘n vrolike speelmat. Die vertrek is rofweg 3m x4m groot maar die mat kan uiteraard veel kleiner wees.
Hande-arbeid
Dan benodig ons mense wat die hande-arbeid sal verrig. Ons benodig:
- Iemand wat bereid is om ‘n sandbak te maak. Navorsing bepaal dat dit aan sekere spesifikasies moet voldoen. Dit moet 75cm lank, 40cm breed 8cm hoog wees. Die binnekant van die sandbak moet donkerblou geverf wees.
Die inhoud van die kamer
Dan benodig ons die inhoud van die assesseringskamer. Baie dankie vir die mense wat speelgoed geskenk het. Wat ons nou benodig is dinge soos:
- "Squeegee diertjies" (Wat ‘n geluid maak wanneer jy hulle druk)
- ‘n Teestel
- Verskillende soorte hoede. Jy kan ook uiteraard net een skenk.
- Handpoppe (gewone handpoppe met kouse gemaak)
- Baba poeier, baba lyfroom en ‘n hareborsel
- Speelgoed bababottels
- Popklere
- Blokkies
- Krale en skoenveters om krale aan te ryg
- 'n Pakkie "wet wipes"
- Opvoedkundige plakkate - die soort wat onderwysers in hulle klasse gebruik, bv met die alfabet op, of diere of kleure of padtekens ensovoorsts op.
Donasies van kontant
Laastens benodig ons mense wat bereid is om kontant te skenk. Benewens die reuse bedrag geld wat ons moet insamel vir die gesofistikeerde klanksisteem, is daar altyd hier en daar iets ekstra wat gekoop moet word, om die projek te laat slaag: As ons die verf geskenk gekry het, moet ons nog steeds kwasse koop. As ons ‘n deur gratis gekry het, moet ons nog steeds skarniere koop. Sonder kontant, gaan dit nie moontlik wees om die assesseringskamer in ‘n mooi afgeronde toestand te oorhandig nie.
Koördinering
Soos jy kan dink is dit belangrik dat ons in hierdie projek kophou, wie vir wat verantwoordelikheid neem. Die manier waarop ons dit gaan koördineer, is deur elke item af te merk, sodra iemand dit vir hom- of haarself toe-eien.
Teen die 4e Maart moet die hele projek bymekaarkom. Die items wat nie ingesamel kon word nie, word gelos en dit wat wel ingesamel kon word, word gebruik om die assesseringskamer in te rig.
Vul asseblief die onderstaande vorm in om aan te dui waarmee jy gaan help:
Teen die 4e Maart moet die hele projek bymekaarkom. Die items wat nie ingesamel kon word nie, word gelos en dit wat wel ingesamel kon word, word gebruik om die assesseringskamer in te rig.
Vul asseblief die onderstaande vorm in om aan te dui waarmee jy gaan help: