Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Atleet

Picture
Van ongeveer die laat 1990’s tot middel 2004 het Dalpark ’n embleem gebruik wat ’n atleet uitbeeld. Soos in die verlede, kommunikeer ook hierdie embleem ’n sterk sendingroeping. Die atleet hou ’n Bybel vas met vuurtonge wat daaruit kom. Dit simboliseer natuurlik die sentrale plek wat die Skrif en die Heilige Gees nog altyd in Dalpark ingeneem het.

’n Aardbol word ook in die embleem uitgebeeld, wat natuurlik iets verwoord van Dalpark se roeping tot wêreld evangelisasie. Die onderskrif lui: “Voluit met die Goeie Nuus”. Die onderskrif verwoord die aanvoelbare entoesiasme by Dalpark lidmate vir die verspreiding van die evangelie. 



© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za