Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Begrafnisse

Picture
Omdat die dood altyd traumaties is, wil ons gemeente die families wat deur hierdie moeilike tyd gaan ondersteun. Indien u een van ons leraars vir die begrafnisdiens benodig of dalk net van ons fasiliteite wil gebruik maak, moet u so vinnig moontlik met die kerkkantoor in verbinding tree om te bevestig of ons fasiliteite beskikbaar is vir 'n betrokke dag.

Met die uitsondering van Vrydagmiddae, is ons fasiliteite weeksdae van Maandag - Vrydag beskikbaar vir begrafnisse.

Ons voorsien toebroodjies, tee en koffie wat ná die verrigtinge in die kerk, in die saal genuttig word tydens simpatisering. Vir alle ander verversings, neem die familie verantwoordelikheid.



'n Eenmalige fooi word gehef en die bedrag sluit die gebruik van die kerkgebou en saal, tee en toebroodjies, orrelis, koster en predikant in.

Skakel die kerkkantoor by 011915 1858 / 083 260 0119 vir al die nodige inligting.



© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za