Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Paletdiens - Bybelskool

Picture
In kwartaaltyd is een van ons paletdienste die Bybelskool. Dit is bedoel vir lidmate wat 'n dors het om die Bybel beter te verstaan en in hulle verhouding met Jesus te groei. 

Die Bybelskool kan gratis bygewoon word. Jy hoef ook nie vorige lesse by te gewoon het om te mag inskakel nie. Jy kan dus enige tyd van die kwartaal by ons inval.

Dit begin om 18:00 en word in die konsistorie deur Ds Nati Stander aangebied. Let egter asseblief daarop dat daar nie Bybelskool oor langnaweke en in vakansietye is nie.

© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za