Doop

Elke tweede Sondag van die maand word die doop in ons gemeente bedien. Omdat dit nie ’n geringe saak is waaroor ‘n mens op die ingewing van die oomblik ’n besluit neem nie, moet daar ten minste twee maande voor die tyd met die kerkkantoor geskakel word.
Dit gee terselftertyd vir die kerkkantoor se personeel die kans om die nodige administratiewe reëlings met u te tref en ’n datum vir die doopgesprek met die leraar te skeduleer.
Om die kerkkantoor in kennis te stel van u begeerte om te doop, moet u asb op die meegaande doopvorm aflaai, invul en by die kerkkantoor inhandig.
’n Paar reëlings vooraf:

- Die leraar wat op die betrokke Sondag die Woordverkondiging waarneem, is dieselfde leraar wat die doop bedien.
- Ouers is welkom om voor die tyd twee foto’s van hul kind/gesin aan die leraar te verskaf, wat tydens die bediening van die doop op die skerm vertoon sal word.
- As die doop aan meer as een persoon bedien word, word die doopgesprekke gewoonlik in groepsverband gehou.

doopinskrywingsvorm.pdf | |
File Size: | 42 kb |
File Type: |