Ds Enel Lambrechts
Ds. Enel Lambrechts het in 2010 periodiek as student in ons gemeente begin uithelp, haar gemeentejaar by ons gedoen en daarna voltyds as medeleraar by ons ingeskakel. Sy het met haar innemende persoonlikheid diep in die harte van die gemeente ingekruip en 'n onskatbare bydrae tot die span gelewer. Sy en haar eggenoot het met ingang Januarie 2018, as leraars by FamilieKerk Bottelary in die Kaap, ingeskakel.