Ds Hennie Pienaar
1. Waar is jy gebore, en waar het jy groot geword?
Ek is in Reitz in die Vrystaat gebore. Daar is nie ‘n hospitaal in Lindley nie. My pa moes van die plaas af met my ma injaag toe die geboortepyne begin. Ek het die eerste 9 jaar van my lewe op die plaas Patmos in die Lindley-Arlington distrik groot geword. Ek het ook op Lindley my skoolloopbaan begin. Die lewe het daarna ‘n paar interessante draaie met my geloop. My pa was ‘n ruk verbonde aan die destydse SAW met die gevolg dat ek in Rundu en ook later in Bethlehem skool gegaan het. Daarna het my pa ‘n ander betrekking aanvaar en het ons ook in Harrismith en Frankfort gebly. Standerd 8 is ons terug plaas toe waar ek my Matrikulasie aan Lindley voltooi het. Ek het my BA en BTh grade aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat voltooi. Daarna het ek my diensplig jaar in Walvisbaai gedoen. My eerste beroep was na Joubertina in die Oos-Kaap waar ek drie jaar werksaam was. Daarna het ek ‘n beroep na Schweizer-Reneke aanvaar. Ons was 7 jaar daar voordat ons die beroep na Brakpan aanvaar het.
2. Waar, wanneer en hoe het jy die Here ontmoet?
My pa, voor sy dood, en ma het ‘n diepgaande verhouding met die Here Jesus gehad. Huisgodsdiens, kerbywoning en betrokkenheid by die gemeente het ‘n belangrike deel van ons gesinswees uitgemaak. My ouers het my aan die Here Jesus voorgestel. Ek weet dat ek van baie kleins af my lewe vir Jesus gegee het. Daar was nie uitsonderlike momente of gebeure nie, behalwe ‘n liefdevolle en ondersteunende ouerhuis. Met die baie wat ons verhuis het, was ons huisgesin die een anker wat nooit verander het nie.
3. Beskryf jou verhouding met die Here?
My verhouding met die Here was aanvanklik godsdiensbeoefening wat ek van kleins af spontaan gedoen het. Na skool het ek ontdek dat dit om ‘n verhouding met God gaan en dat Hy my persoonlike Vriend en Verlosser wil wees. ‘n Tyd toe gevoel en emosie in my lewe ‘n groot rol begin speel. Nog ‘n fase van groei was toe ek hart en siel begin betrokke raak het by die dienswerk van my gemeente (Die Studentekerk). ‘n Verdere groeityd was toe ek besef het dat ek as nuwe mens moes leef en dat ek moes groei in karakter. Die betrokkenheid by omgeegroepe en Bybelstudiegroepe het baie gehelp. My opleiding as predikant en roeping het gemaak dat ek vroeë ouderdom verantwoordelikhede moes aanvaar vir traumatiese dinge soos ondersteuning van mense met siekte, dood, trauma, huweliksprobleme, weeklikse eredienste.
Op die ouderdom van 25 moes ek die voorsitterskap van ‘n kerkraad neem, met skoolhoofde, dokters, bankbestuurders, ens op die kerkraad. Dit het my laat groei in afhanklikheid van die Here. Trauma en seer in ons eie familie het my geloof en verhouding met die Here tot op ‘n dieper vlak geneem. Met tyd in die bediening het my gawes ontwikkel en my vaardighede toegeneem.
Lang ure se besig wees met die dinge van die kerk en ‘n vertroue in my eie gawes het, gemaak dat ek al minder tyd by die Here deurgebring het. Genadiglik het die Here my integriteit, reinheid, huwelik en gesin in hierdie tyd bewaar. Ek het egter amper by die punt van uitbranding geeindig.
‘n Rustiger, dieper verstaan van my eie sterkpunte en swakpunte het gevolg waarin ek in absolute afhanklikheid van die Here my beroep kan beoefen. ‘n Nuwe gemeente met sy aanpassings en uitdagings het nuwe lewe in my roeping geblaas. Vervuldheid met die Heilige Gees en om in sy krag te leef en onder sy beheer en leiding te staan is iets wat vir my voorop staan. Die Gees wys my egter steeds op groei-areas wat in my lewe noodsaaklik is. Bewustelike foute wat ek begaan, is vir my pynlik en ek werk daaraan.
Ek het ‘n al hoe sterker bewussyn dat alles om die eer van die Here gaan, en nie om my of veral my gemeente nie. Groter fokus in die Here se doel met my lewe, selfs binne die bediening, is iets waarop ek meer begin konsentreer. Groei in my geloof, om met woorde en werke van geloof uit te stap en ‘n verskil te maak in my lewe op aarde, is tans iets waaraan ek werk in my verhouding met God. My verhouding met God is... stabiel, rustig, minder emosioneel, maar met ‘n sterk vreugde en bewustheid van sy krag, wanneer ek in sy teenwoordigheid is.

4. Wanneer het jy die verste van die Here gevoel?
Daar was ‘n paar sulke tye. Toe ek aan God se bestaan getwyfel het in my eerste kennismaking van ‘n wetenskaplike omgang met die Bybel. Toe ek ‘n liefdesteleurstelling beleef het. Die eerste rukkie toe ek ver van my mense in Walvisbaai se woestyn was. Die eerste keer toe ek besef het die bediening is nie wat ek gedink het dit gaan wees. Verskillende momente in my bediening waarin ek felle kritiek, persoonlike aanslae van medegelowiges beleef het. Die keer toe ek in Satan se spervuur beland het en ek nagtelike aanslae van die bose beleef het. En veral die dag, en die maande daarna, wat ek my pa en my boetie aan die dood afgestaan het. Dit was besondere donker tye in my lewe. (Al bogenoemde tye was ook die tye waarin ek die Here as besonder naby aan my ontdek het.)
5. Wanneer het jy nog die naaste aan die Here gevoel?
Daar is meer as wat ek kan noem. Die eerste keer in my lewe wat ek kon bid: Liewe Jesus. In die aande wanneer my ma my toegemaak het en kom nag sê het. Wanneer my pa my in die oggend met koffie wakker gemaak het. In standerd 5 toe en ‘n nuwe Bybel gekry het begin het om intensief deur die Bybel te lees. Toe as ek as tiener besef het dat Jesus my lief het en van my hou!
Toe ek as kaptein van die eerste span gekies is. Toe ek as hoofseun aan die einde van my toespraak vir my onderwysers en maats kon bid. Op Eerstrivier met stranddienste. Baie! My proefpreek in die Studentekerk voor 1000 studente. Toe my ma my toga om my gehang het my bevestiging as predikant. Toe my kleinboetie ‘n hole in on op die gholfbaan geslaan het. Toe ek nog fitesgery het. Toe ek en Karina getroud is. Toe ons op die eerste dag van Honeymoon in ‘n klein kerkie in Hoggsback saam nagmaal gebruik het en ons lewe en bediening saam weggegee het vir die Here.
Toe ek die naelstring geknip het met Cobus se geboorte. Toe ek Karla die eerste keer in my arms vasgehou het. Elke keer wanneer my kinders gelukkig is. Wanneer ek sonop in die winter my duiwe los oor ‘n wolklose winteroggend. Wanneer my duiwe hoog uit die lug duik na ‘n wedvlug. Toe ek die beroep Dalpark toe ontvang het. Elke keer as ek preek. Wanneer ek die deurbraak wat Jesus alleen kan gee saam met iemand beleef.

6. Wanneer het jy besluit om ‘n predikant te word?
Iewers einde standerd 7 begin standerd agt. Ek het op daardie stadium nog nooit voorheen voor mense gepraat nie.
7. Hoe het jy geweet die Here roep jou?
Dit was snaaks genoeg nie ‘n hoedervel belewenis nie. ‘n Gedagte wat begin posvat het en al meer begin groei het tot in ‘n sekere wete dat ek geroep is. Bevestiging op die pad van my voorbereiding het die roepings sterker laat word, asook die uiterlike roeping om in ‘n gemeente te dien. My oom wat ook predikant is, het sekerlik ook ‘n rol gespeel om God se roepstem te hoor.
8. Watter aspekte van predikantwees geniet jy?
Ek geniet prediking die meeste. Dit veroorsaak baie spanning, maar is ‘n wonderlike voorreg. Ek hou van alle gemeentebou, visionering en die strategiese pad wat mens met ‘n gemeente loop. Ek is ‘n dromer. Om leiding te neem kom vir my maklik. Huisbesoek is veeleisend, maar tog lekker. Ek kom goed oor die weg met seniorlidmate. Ek geniet kinders. Ek het tans bietjie voeling verloor met die tieners, maar dit was voorheen ‘n gedeelte wat ek baie geniet het.
9. Watter diensgroepe in ons gemeente is jy verantwoordelik voor.
· Eiendomme
· Pastorale Sorg
· Senior lidmate
· Vrouediens
· Bemoediging
· Funksies
· Plaaslike evangelisasie
· Admin & diensverhoudinge
· Pastorale Sorg
· Senior lidmate
· Vrouediens
· Bemoediging
· Funksies
· Plaaslike evangelisasie
· Admin & diensverhoudinge
10. Wat geniet jy spesifiek van Dalpark gemeente?
Ons mense. Ons het vinnig tuisgekom in ‘n geestelike familie. Die ontspanne atmosfeer en humor. Die aanbidding van ons gemeente. Die ongelooflike mense potensiaal. Ek moes leer om groter te dink. Dat ons nie net op onsself gerig is nie. Die uitdaging om in ons gemeenskap ‘n verskil te maak. Ons fasiliteite. Die huis waarin ons bly. ‘n Positiewe ingesteldheid onder lidmate. Die wyse waarop daar vir ons omgegee word.
11. Sal jy vir ons asseblief ‘n bietjie meer van jou gesin vertel?
Ek is getroud met Karina, ‘n nooi Kritzinger, uit die mooi Langkloof. Sy het op ‘n appelplaas groot geword. Ek het haar ontmoet terwyl ek in my eerste gemeente was, en moes die vrywerk maar so in die geheim doen omdat die jong predikantjie onder almal se vergrootglas was. Ons is getroud op 29 April 1995. Karina is ‘n wonderlike maat en vul my uitstekend aan. Sy werk in die kerkkantoor wat maak dat ons baie fasette van my werk deel. Sy is baie lief vir haar rugby en skree vir die WP. Cobus is gebore op 23 Junie 1998. Hy is ‘n vurige Blou Bul en sy kinderdrome is om eendag vir die Blou Bulle rugby te speel. Hy het ‘n talent vir redenaars, geniet sy skoolwerk en is lief vir alle sportsoorte. Karla is op 4 April 2000 gebore. Karla is die sagte stil kind, met ‘n streep komieklikheid wat jy net sien as jy haar baie goed ken. Sy doen gimnastiek vir sport en het die afgelope paar jaar op SA vlak deelgeneem en goed presteer. Ons geniet ons kinders terdeë. My ma en broer bly in Bloemfontein. Karina se Ma woon in Jeffereysbaai. Ongelukkig is haar Pa oorlede. Sy het nog ‘n broer en suster wat in die Langkloof woon. Ons is dus maar ver van ons familie.
12. Stokperdjies
Ek het sedert kinderdae ‘n liefde vir wedvlugduiwe. Dit is ‘n ongelooflike stokperdjie met soveel fasette: teling, voeding, duiwe siektes, afrigting, kompetisie. Verder is ek baie lief om die rugby en krieket seisoen te volg. Ek het ‘n paar keer die voorreg gehad om op Loftus en Ellispark te gaan rugby kyk. Ek geniet die Super 14 rugby, dan skreeu ek vir al die spanne. Currybeker tyd is my bloed egter dik oranje. Dan is daar net een span: VRYSTAAAAAAAAAAT!!!