Ds Marius Storm

1 Wie is u en u gesin?
Marius en Amanda – 4 kinders: Marna, Johan Josua, en Estie
2 Hoe het dit gebeur dat Dalpark NG Kerk by u betrokke geraak het?
Ek was destyds ‘n Ringsleraar in Brakpan-Suid gemeente. In 1992 is ek en my gesin uitgestuur om in Nederland sendingwerk te gaan doen.
Alhoewel ons in Brakpan-Suid deur die Ring van Brakpan uitgestuur is, het Dalpark ‘n eie uitstuurdiens in 1992 gereël. Bo en behalwe die Ringsbydrae waartoe Dalpark hulself verbind het, het julle ook jul verbind tot addisionele finansiële ondersteuning.
3 Wat is die soort werk wat u verrig?
Ons werk deur IKEG. Dit is die Nederlandse tak vir Child Evangelism Fellowship (CEF). Hul is betrokke in 155 lande en is die afgelope 57 jaar in Nederland werksaam. Ons is die nasionale direkteursegpaar.
Ons hou “Goeie Nuus en Kerk Klubs”. In Nederland werk ons hoofsaaklik met opelug byeenkomste en saamtrekke. Ons bied ook ‘n verskeidenheid van kampe aan en ons ontwikkel evangelisasiemateriaal. Ons is ook betrokke by die opleiding en beskikbaarstelling van materiaal aan kinderwerkers.
4 Wat is die profiel van die mense met wie u werk en te doen kry?
Dit is lankal nie meer gelowige Nederland nie. CEF se statistieke wys dat 54% van mense wat in Asië met die evangelie gekonfronteer word, reageer positief daarop. In Nederland reageer slegs 2,7 % daarop!
Seks en dwelms is natuurlik algemeen hier onder kinders. Deur ons werk word ook direk en indirek asiel kinders bereik. Dit is kinders uit verskillende lande uit die wêreld en veral uit Moslem en Boedistiese lande.
Op van ons kampe het ons al tot 11 verskillende nasionaliteite gehad. Maar my grootste roeping is om die evangelie weer aan ons stamland te bring omdat hulle afgedwaal het deur die liberale en vrysinnige waarhede oor te neem en vir die grootste deel ’n humanistiese/ateïstiese land geword het waar geloof byna geen rol meer speel nie.
5 Wat is die belangrikheid van Dalpark se ondersteuning aan u?
Dit is baie belangrik. Om in Europa te oorleef het mens elke sent nodig wat mens net kan help om die minimum inkomste (loon) te kry. Ook word die inkomste gebruik vir die bedieningskoste.
6 Op watter ander wyse kan ons gemeente by u betrokke wees – addisioneel tot net fondse?
Gemeentelede se betrokkenheid op die NKA /IKEG komitee sal waardeer word. Sodoende bly die gemeente op hoogte van ons behoeftes. Gebedsversoeke kan dalk ook met die gebedsketting gestuur word – dit sal baie help. En dalk voorsien die Here op so ‘n manier dat jul kan kom help met ‘n korttermyn opelug uitreik in Nederland!
Webtuiste vir die Storm gesin: www.stormpies.co.za