Ds Nati Stander
1. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword?
Ek is op ‘n baie vroeë ouderdom êrens in ‘n hospitaal in Pretoria gebore. Daar was baie vog in my oë maar ek kon wel die suster wat gehelp het met die geboorte se naamplaatjie lees: "Viljoen". Nee, alle grappies op ‘n stokkie. Gebore 1979-03-28, Pretoria. My hele lewe gebly in Pretoria – ‘n wonderlike pragtige stad!
My Pa was dwarsdeur my kinderjare betrokke as ‘n dosent by Tukkies, asook as ‘n bevelvoerder van ‘n eenheid in die Suid Afrikaanse Weermag. Dit het meegebring dat ek dikwels deur die dag óf saam met my Pa universiteit toe is – om meisies te gaan kyk - óf saam met hom na sy militêre eenheid in Voortrekkerhoogte toe is – om op Tenks, Ratels, Buffels, Samil’s, Elande en Caspirs te speel! Geen troep het gewaag om my af te jaag nie, want “my Pa is tog die Bevelvoerder” Wat meer wil ‘n seun hê ?!

2. Waar, wanneer en hoe het jy die Here ontmoet?
My Ma het my na die Here toe gelei. Ek skat ek was 4 of 5 jaar oud toe sy met my die sondaarsgebed gebid het. Ek onthou nog so goed haar woorde toe ons klaar gebid het: “Nou hou die engele partytjie in die hemel omdat jy vir liewe Jesus aangeneem het!”
Ek het op hoërskool ‘n paar keer verdiepings ondergaan in my verhouding met die Here. My lewe is egter totaal verander deur my betrokkenheid by sendingwerk – ek het daar die Here eerstehands leer ken en sien werk. Op Universiteit het ek ongelukkig die pad bietjie byster geraak. Ek het kritiese denke met 'n siniese ingesteldheid verwar. Dit was nie lank nie, toe word ek so deur die swartgalligheid besoedel dat my hele lewe in duie gestort het.
Na maande se gesels en luister na my Pa, het ek weer my lewe toegewy aan Jesus. Ek wou weet hoe hy dit kan regkry om in wonderwerke, die geskiedkundige betroubaarheid van die Bybel en die fisiese opstanding van Jesus te glo.
Dát ek glo, is dus te danke aan my Ma. Wát ek glo, is dus te danke aan my Pa.

3. Beskryf jou verhouding met die Here.
Ek dink die woord waaraan ek eerste dink is “vryheid”. Ek geniet die vryheid wat ek in Jesus beleef. Ek geniet dit om nie meer geraamtes in die kas te hê nie. Ek wens ek kan meer mense vertel van hoe lig Jesus se las regtig is!
Die ding waarmee ek die meeste sukkel, is my liefdesverhouding met die Here. Ek mis dikwels my verhouding met die Here wat ek op skool gehad het. Baie keer sien ek God net as my werkverskaffer. As ek dus byvoorbeeld iets bemoedigend in die Bybel lees, dan wonder ek dadelik vir wie die Here wil hê ek hierdie gedeelte moet gee. Min keer onthou ek dat Hy ook vir my wil bemoedig en ook vir my lief is. Dit is iets waaraan ek baie werk.
God se Woord is vir my nuut elke keer. Dit is asof ek nie genoeg daarvan kan kry nie! Die diepte daarvan maak my baie opgewonde. Gebed is vir my lewendig, liefdevol en naby.
Ek dink ek geniet dit om afhanklik te wees van God – om te weet hoe ek moet optree in spesifieke situasies of teenoor spesifieke mense. Dit is vir my lekker as ek weet dat ek getrou was. Ek probeer regtig deurgaans bewus te wees van die Heilige Gees en sy leiding.

4. Wanneer het jy die verste van God af gevoel?
Definitief die tyd op Universiteit. Soos reeds gesê het ek kritiese denke met 'n siniese ingesteldheid verwar. Dit het regtig 'n klomp vreugde van my gesteel.
5. Wanneer het jy nog die naaste ooit aan God gevoel?
Ek kan aan ‘n paar keer dink wanneer ek God in lofprysing en aanbidding al baie intens naby beleef het. Ek en my Pa het ‘n staptoer gaan stap wat op ‘n stadium uitkyk oor die berge van Lesotho – ek weet ek het daar baie klein voor ‘n baie groot God gevoel!
Ek het God op ‘n besondere manier ervaar die dag toe ek Lindie gevra het om met my te trou en ook op ons troudag toe ons die eerste keer as man en vrou en God – saam nagmaal gebruik het.
En om een of ander rede bly die sterfbed van ‘n gelowige vir my altyd heilige grond. Ten spyte van die hartseer van ‘n familie, is die belewenis wat ek daar kry een van rus, sag, liefde, ewigheid. ‘n Gelowige se sterfbed is net anders as ‘n ongelowige s’n.

6. Wanneer het jy besluit om ‘n predikant te word?
Ek het op Hoërskool ervaar die Here roep my sendingveld toe. Ek was sterk oppad na Afrika. Ek het egter gaandeweg gesien die Here gebruik my om ander opgewonde te maak oor sending, en dat Hy my gebruik om mense daarvoor te mobiliseer. Ek was egter steeds oortuig dat ek op ‘n manier voltyds in die bediening sal wees – dalk in ‘n para-kerklike organisasie soos Operasie Mobilisasie of Campus Crusade.
Ek was egter bang dat hierdie belewenis dalk net menslike rasionalisering is, omdat ek dalk begin terugdeins vir ‘n lewe ver van my familie af? Daarom het ek met die Here die “ooreenkoms” aangegaan dat as ek ‘n meisie ontmoet wat Hy vir my as vrou gee terwyl ek nog swot, ek nie Kenya toe gaan vertrek nie. Ek sal dan in SA in die bediening staan. Maar as ek nie so iemand ontmoet nie, gaan ek Afrika toe. (simpel né?)
Dit was ‘n redelike waterdigte plan, want ek het meisiepes gehad en was vrek bang om met een te praat. So kanse was menslikgesproke goed dat ek oppad Afrika toe is. Toe kom Lindie oor my pad en krap al my planne deurmekaar!

7. Hoe het jy geweet die Here roep jou?
Ek het baie seën beleef op sendinguitreike en het daarom besluit om my lewe lank iets te doen aan die brandpunt van daar waar die Here werk. Ek het baie bekerings gesien wat eg is en lewens is verander. Ek wou dit my lewe lank sien.
Ek het toe Skrif ontvang vanuit Hab 2:14 “Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word”. Ek het dit beskou as bevestiging van my droom en my roeping – en beskou dit vandag nog as ‘n groot dryfveer agter my dors om mense te sien wat die versoening in Christus aanvaar.

8. Watter aspekte van predikantwees geniet jy?
Ek geniet prediking baie. Sending het uit die aard van die saak ‘n baie spesiale plek in my hart. Ek geniet pastoraat, maar net as ek vordering sien. As ek sien hoe mense terugval word ek moedeloos.
Ek geniet dit dat my werk kreatiwiteit vereis – om byvoorbeeld ‘n manier te vind om op ‘n hedendaagse manier plaaslike evangelisasie aan te pak, waar mense agter hoë mure sit met hekke sonder klokkies. (En ek geniet dit dat my gemeente my toelaat om kreatief te wees!). Ek geniet dit ook om lering en vastekos te gee.

9. Vir watter diensgroepe in ons gemeente is jy verantwoordelik?
· Spiritualiteit
· Omgeegroepe
· Gesinsbediening
· Toerusting & Skoling
· Wêreld Evangelisasie
· Korttermyn uitreike
· Reklame en kommunikasie
· Omgeegroepe
· Gesinsbediening
· Toerusting & Skoling
· Wêreld Evangelisasie
· Korttermyn uitreike
· Reklame en kommunikasie
10. Wat geniet jy spesifiek van Dalpark gemeente?
Met my heel eerste erediens wat ek kom “spioeneer" het op Dalpark, het die vrolike mense vir my en Lindie opgeval. Dit het sedertdien nie verander nie. Die vrolikheid en die hartlikheid van die mense laat jou iets beleef van familiewees.
Verder geniet ek die stimulerende omgewing met baie uitdagings in die gemeenskap. Soos ek gesê het geniet ek die feit dat jy hier kreatief moet wees om mense te bereik. Die feit dat Dalpark vernuwend is, staan my baie aan. Ek kry soms skaam hoe maklik ons dit het – want ek weet dinge wat nou vanself kom, het jare se klippekou geneem vir vorige leraars.
Ek geniet my twee kollegas. Ek het baie waardering vir hulle en is opreg lief vir hulle.

11. Sal jy vir ons asseblief ‘n bietjie meer van jou gesin vertel?
Ek is getroud met my pragtige vroutjie Lindie op 27 November 2004. Voor ons getrou het, het ons 5 jaar lank gesleep!! Sy is ’n Spraakterapeut by Muriel Brand in die dorp. Sy deel my hart vir sending.
Ek kan myself maklik in ‘n gat indink en sy doen baie om my hande omhoog te hou. Elke keer as ek soos ‘n vrot predikant voel, bid sy vir my en hou sy my gemotiveerd.
Ons eerste seuntjie is in 2010 gebore. Hy is na my Pa vernoem - Hendrik Frederik Stander - omdat my Pa so 'n geweldige groot invloed op my lewe uitoefen. My tweede seuntjie word in Januarie 2012 gebore. Hy kry weer die familiename, Christiaan Jakobus Stander. Ek sien baie uit na die twee mannetjies saam. Ek is definitief 'n "seuntjie-pappa"!
Ek en Lindie praat gereeld oor hoe bevoorreg ons is, om albei uit stabiele liefdevolle ouerhuise uit te kom. Mens waardeer sulke goed miskien eers as jy self in die huwelik staan. Ons het soveel van gesinwees by ons ouers geleer! Beide van ons se ouerpare woon in Pretoria.
In Lindie se gesin was hulle 3 kinders. Beide haar broer en suster – en hulle gesinne – bly tans in Pretoria. Almal is tans op die kleuterfase so daar hardloop altyd ’n swetterjoel kinders by ons Familiedae! Dit is heerlik en vrolik!
In my geval was ons net 2 kinders – ek het ‘n babasussie wat deesdae heeltemal te veel lyk na ‘n pragtige jong vrou in haar twintigs! Die Here het ook vir haar ’n baie spesiale lewensmaat gegee. Ek hou baie van my “Cousin”! Hulle het onlangs ook 'n seuntjie ryker geword - en ons is trotse peetouers!

12. Wat is jou stokperdjies?
Ek probeer iets van alles doen. Ek spring valskerm, stap, skiet, scuba, vang vis, ry fiets, klim rotse, draf, gym en speel met die honde! “Jack of all trades – master of none”.