Goeie Vrydag
Vir Christene is die viering van die dood en opstanding van Jesus, selfs nog belangriker as die viering van sy geboorte. Daarom ontvang die reekse in ons Paastyd soveel klem – al val hierdie reekse gewoonlik in die skoolvakansie.
Daar word jaarliks ’n erediens op Goeie Vrydag gehou en die tyd van hierdie erediens is om 08:00. Omdat dit lekker vroeg in die oggend is, gee dit jou genoeg tyd om die res van die dag saam met familie te spandeer.
Gewoonlik word nagmaal tydens hierdie erediens bedien, maar soms gebruik ons dit saam op Opstandingsondag. Maak ’n punt daarvan om saam met ons geloofsfamilie die kruisigingsgebeure te vier. Dit is immers die spilpunt waarom ons geloof draai!