Hemelvaart
Veertig dae na die viering van Paasfees, vier ons natuurlik die hemelvaart van Jesus. Omdat dit nie meer ’n openbare vakansiedag is nie, word die erediens eers 19:00 die aand gehou.
Die viering van hemelvaart is vir ons ’n belangrike feesdag, omdat dit ons gedagtes op die viering van die uitstorting van die Heilige Gees rig. Skaars tien dae na hemelvaart is dit Pinkstersondag. Daarom antisipeer elke hemelvaartdiens as’t ware ook die herdenking van die uitstorting van die Heilige Gees.
