Huishulpkamp.
Ons gemeente bied jaarliks ‘n kamp vir huishulpe aan. Deur jou huishulp vir die kamp te borg, belê jy direk in haar geestelike lewe.
Die kamp bied die ideale geleentheid vir mense wat nog nie ’n oorgawe vir Jesus gemaak het nie, om dit te doen. Gelykertyd is dit tot groot opbou en bemoediging vir huishulpe wat alreeds die Here aangeneem het. Die terugvoer oor die kamp is baie positief en huishulpe gons nog vir weke daarna oor die geestelike verdieping wat hulle op die kamp beleef het.
Op hierdie oomblik word die kamp ongelukkig net tot vrouens beperk. Die kampdatums vir 2012 is 9-11 Maart. Dit kos R370 en sluit vervoer, verblyf en alle kos in.
Min huishulpe is in die finansiële posisie om R370 op hulleself te blaas. Daarom wil ons graag lidmate versoek om vir die bedrag van die kamp in te staan en hulle huishulp ten volle te borg.
Klik op die onderstaande inskrywing- en vrywaringsvorm om dit af te laai. Vul dit asseblief in en handig dit (tesame met die kampgeld) voor 4 Maart by die kerk in.

| inskrywingsvorm_huishulpkamp.pdf | |
| File Size: | 124 kb |
| File Type: | |