Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Johan Minnie

Picture
1       Wie is u en u gesin? 
Johan & Lettie Minnie met geen kinders - net honde en katte wat soos kinders in die huis is.

2       Hoe het dit gebeur dat Dalpark NG by u betrokke geraak het?
In 1995 is die Jesusfilmspan begin in Dalpark gemeente. Ek is reeds vanaf 1995 betrokke by plaaslike evangelisasie op ‘n deeltydse basis. Gedurende 1996 is ek verkies as koördineerder van die Jesusfilm projek by Dalpark.

Toe die span begin is, was daar ‘n klomp spanlede, maar oor tyd het al hoe minder saam uitgereik tot ek alleen oor was. ‘n Paar mense is oorlede, ander het getrek en sommige het as gevolg van werksomstandighede en ander redes opgehou om uit te reik.

Te midde van al hierdie onttrekking het ek ‘n waarlike visie vir die Jesusfilm projek behou en wou meer doen. In Februarie 2002 ervaar ek dat die Here my voltyds roep.

Na persoonlike gesprekke met Ds Cobie, word ek in Junie 2002 dan ook uitgestuur as voltydse plaaslike sendeling van Dalpark NG. Die fokus van my werk sou val op: Jesusfilm, “Every-Home-for-Christ” en “World Teach”.

Sedertdien bedien ek orals in plaaslike gemeenskappe, maar dit is wonderlik om te sien hoe die Here my grondgebied vergroot van plaaslike vlak tot nasionale vlak tot internasionale vlak.

3      
Wat is die soort werk wat u verrig? 
Basies maak ek disipels deur ander evangeliste op te lei om die  evangelie uit te dra. ‘n Kort beskrywing sou wees om naamlik langs die plaaslike kerk in te kom en hulle te help met . . .
  • opleiding: Ek bied die “Heart of Man” en L-10-T evangelisasie strategiëe aan
  • bemagtiging met uitreikmateriaal: Ek verskaf aan gemeentes “Every-Home -for –Christ” boekies en ‘n uitreikstrategie met deur middel van metodiese uitreiking op munisipale kaarte.
  • Opvolging van nuwe bekeerlinge: Ek leer gemeentes hoe om die eerste opvolgkaartjies van die Jesusfilm uitreike op te volg.

4       Wat is die profiel van die mense met wie u werk en te doen kry?
Dit is hoofsaaklik baie arm mense in “townships”, plakkerskampe en landelike gebiede. Ek plant evangelisasieprojekte by die plaaslike gemeente sodat hulle self kan aangaan sonder my teenwoordigheid.

5       Wat is die belangrikheid van Dalpark se ondersteuning aan u?
Baie belangrik. Die Here gebruik die fondse afkomstig van Dalpark om in my lewensbehoeftes te voorsien

6       Op watter ander wyse kan ons gemeente by u betrokke wees - addisioneel tot net fondse
Daar is geweldige groei en ek kan nie meer by al die opleiding op my eie uitkom nie. Ek benodig mense wat kan help met die opleiding van evangeliste in gemeentes – Ek sal so ‘n persoon van alle materiaal voorsien.

Daveyton is ‘n township in Ekurhuleni met nog reuse behoeftes vir spanne en toerusting. Miskien sien iemand kans om verantwoordelikheid te neem vir Daveyton.

E-pos adres vir Johan Minnie: j.minniel@absamail.co.za



© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za