Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente
Picture
WWWwwwwwWWWWWWWWWWWWWWwww Ontdek Jesus in die Pasga en leef in Sy beskerming vandag.

OntdekJesus
in die Pasga en leef in Sybeskermingvandag.


 
Om te sien wat God sien.

Ons gesels in hierdie reeks oor die krag van regte oortuigings, oor die oorwinning van negatiewe gedragspatrone en verslawing wat so baie mense vasgevang hou. Ons uitgangspunt is... As jy reg glo, sal jy reg leef. Die regte perspektiewe lei tot die regte gedagtes, positiewe gedagtes lei tot gesonde emosies en gesonde emosies lei weer tot die regte gedrag en dit lei tot ‘n veranderde, geredde lewe! 

Om te sien wat God sien, is ‘n kragtige sleutel tot regte oortuigings. Ons gaan die volgende drie geleenthede verder hieroor gesels. In hierdie boodskap wil ek hê dat jy sal verstaan hoe belangrik die prentjie is, wat jy in jou geestesoë sien. Sien die regte prentjie in jou geestesoog. Dit behels die vervanging van jou verkeerde oortuigings met regte oortuigings, gebaseer op God  se Woord. 

Dit vra ‘n nuwe gedagte, om ‘n ou, negatiewe gedagte te vervang en te genees. Dit vra ‘n nuwe prentjie om die ou prentjies in my kop te vervang. Die vyand kry dit soms reg om die verkeerde prentjies in ons gedagtes te teken en ons glo dit en daarom verwag ons dit. Hierdie verkeerde prentjies moet verwyder en vervang word met die regte gedagtes en prentjies, en die regte oortuigings wat op die onveranderlike Woord van God gebaseer is.

Laai Preek Af
© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za