Kinderkamp.
Die jaar skop sommer vir die kinderkerk op 'n hoogtepunt af, as die laerskoolkinders gaan kamp. Twee dae voor die skool vir die nuwe kwartaal begin, vertrek die kinders op 'n avontuurgevulde wegbreek. Daar gaan kleilat gespeel en vlot gebou word. Die natuur gaan behoorlik geniet en benut word op die pragtige Bosveld kampterrein naby Nylstroom.
Die kamp is bedoel vir Gr 1 - 6 leerlinge. Dit is nie net tot lidmate van ons gemeente beperk nie, so jy kan gerus 'n vriend saamnooi. Indien ouers so verkies, is hulle natuurlik ook welkom om saam te kamp.
Die busse vertrek 24 Maart om 08:00 die oggend, vanaf die gemeentesentrum. Ons sal weer 25 Maart om 17:00 die middag by die kerk arriveer. Die kostes beloop R250 per kamper. Die sluitingsdatum is Sondag 11 Maart 2012.

Vir enige verdere navrae, kan jy die
onderstaande vorm invul en aanstuur. | As jy gereed is om in te skryf, kan jy die onderstaande inskrywingsvorm aflaai, en voor of op Sondag 11 Maart 2012 by die Kerk inhandig.
| ||||||