Konferensie vir enkellopendes
- Is jy enkellopend?
- Voel jy al moeg verduidelik hoekom jy nie nou in 'n verhouding staan nie?
- Lyk dit vir jou soms of mense met "gesinne" dink hulle die enigste mense is wat God se droom kan uitleef?
- Begeer jy om as 'n heel mens ook 'n vol lewe te leef?
As jy "ja" op bogenoemde vrae geantwoord het, moet jy nie ons konferensie vir enkellopendes misloop nie. Donderdag 14 Junie 2012 om 19:00 is daar 'n bederfaand vir al ons enkellopendes. Dit kos R50 en sluit ligte verversings in. Die aand beloof om jou 'n nuwe wip in jou stap te gee.
Omdat ons genoeg verversings moet voorberei, is die sluitingsdatum vir die inskrywings 10 Junie 2012. Jy kan vir hierdie unieke geleentheid inskryf deur die kerkkantoor te kontak of deur die onderstaande vorm in te vul en aan te stuur. Jou R50 is die aand van die funksie by die deure betaalbaar.