Kursus oor Islam

Jy kry elke dag met Moslems te make. Jy werk saam met een. Jy bly langs nog 'n ander. Jy kan kies om hulle te ignoreer. Of jy kan kies om hulle te leer ken.
In hierdie kursus word die basiese boustene weergegee wat die Islam verkondig. Dit sal jou in staat stel om te weet wat hulle glo, maar ook hoe om met hulle in gesprek te tree. Jy sal leer hoe jy met 'n Moslem oor Jesus kan praat - en ook hoe jy dit nie moet doen nie!
Dit is 'n dvd-kursus deur Dr Timothy George van Samford Universiteit. In vier geleenthede word die Islam en die Christendom met mekaar vergelyk en gekontrasteer. Die sessies word verder deur ons sendeling Tinus Els gefasiliteer en hy belig die tema vanuit sy ervarings.
Hierdie kursus sal baie insiggewend wees. Moet dit nie misloop nie! Die vier datums vir die kursus is:

- 5 Feb
- 12 Feb
- 19 Feb
- 26 Feb