Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Gesprek vir doopouers

Picture
Wanneer ons kinders doop is dit 'n viering van God se genade:
  • Dat die kindjie deur die kruis van Jesus waardig gemaak is vir verhouding met God.
  • Dat die kindjie niks uit sy of haar eie kon doen om God se guns te verdien nie. Dit is loutere genade.

Ons wil graag saam met die doopouers byeenkom om hierdie genade te bespreek en om oor die pad vorentoe te praat. Doopgeleenthede is elke tweede Sondag van die maand en die gepaardgaande doopkursus is telkens twee weke voor die doopdatum.

Maak asseblief seker dat die kerkkantoor van jou voorneme om te doop bewus is, en dat al die relevante vorms ingevul en ingehandig is. As jy nog nie die nodige vorms ingevul het nie, kan jy dit hieronder aflaai, invul
en na die kerkkantoor epos by ngdalpark@gmail.com of die kerkkantoor skakel by 011 915 1858.

doop.pdf
File Size: 144 kb
File Type: pdf
Download File

© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za