Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

"London bridges"

Picture
Jaarliks lê ongeveer 300 000 Moslems, in die somermaande in Engeland besoek af. Dit beteken dat mense afkomstig uit lande wat geslote is vir die evangelie, hier bereik kan word.

Die "London bridges" projek doen juis dit. Geskenkpakke met verskeie items daarin wat die evangelie verduidelik, word aan besoekende Moslems uitgedeel. 

Dit is 'n uitreik wat al groot sukses behaal het. Die beste van alles, is dat dit baie gesinsvriendelik is. Ouers en kinders kan ewe maklik hieraan deelneem.

Die datums en kostes vir 2012 se uitreike is as volg:
  • 23-30 Jun 2012 - Koste R 18 500-00
  • 30 Jun - 7 Jul 2012 - Koste R 18 500-00
  • 7-20 Jul 2012 - Koste R 23 800-00
Die gemeente sal die eerste vyf lidmate wat vir die uitreik inskryf, elk met R1000 borg. 

Jy kan op die onderstaande "Macedonië"-skakel klik, om na die bladsy geneem te word waar jy vir die uitreik kan inskryf. As jy egter nog eers bietjie informasie benodig, kan jy die onderstaande vorm invul en aanstuur. Ons sendeling Tinus Els sal so gou moontlik op jou navraag reageer.

    Navraag oor "London bridges" uitreik:

Submit
Picture
© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za