Menswaardigheidspakkies

Ons is op 'n deurlopende basis by Verre-Oos Rand Hospitaal se krisissentrum vir slagoffers van verkragting betrokke. Ons wil graag 'n verskil maak deur die slagoffers waardig te hanteer.
Elke slagoffer van verkragting word medies ondersoek en foto’s word geneem om sodoende 'n kriminele saak oop te maak. Dit opsigself is baie traumaties.
Ons wil graag na afloop van so 'n ondersoek, 'n“menswaardigheidspakkie” aan elke vrou verskaf, omdat hul meestal van hul peroonlike besittings beroof word tydens die aanval. Die menswaardigheidspakkies bevat items soos seep, deodorant, shampoo, sanitêre doekies, lipstiffie en dergelike items.
Indien jy 'n menswaardigheidspakkie wil bydrae, kan jy van die items aankoop en dit in 'n kosmetiese- of badkamersakkie plaas (of selfs 'n ou handsak) en dit in die houers by die deure plaas tydens 'n erediens. Jy kan natuurlik ook net een of twee van die items aankoop en in die houers plaas, waarna die pakkies opgemaak sal word.