Musiek
Ons gemeente handhaaf ’n kontemporêre musiekstyl.
Ons maak van ’n musiekgroep gebruik wat uit ’n verskeidenheid van instrumente en voorsangers bestaan. Lof en aanbidding is vir ons ’n belangrike aspek van ons erediens en dit geniet baie voorbereiding en toewyding.
Die gemeente het in 2005 besluit dat ligte kontemporêre musiek die gemeente se primêre musiekstyl sal wees. Die liedere wat tydens die oggenddienste gesing word, is oorwegend Afrikaans. Indien die woorde van ‘n Engelse lied egter by die betrokke oggend se Woordverkondiging pas, huiwer ons nie om van dit gebruik te maak nie.In die Jeugdienste maak ons ook gebruik van ‘n eietydse musiekstyl om ons tieners mee te bereik.

Tradisionele eredienste
Alhoewel die meerderheid van ons lidmate aangedui het dat hulle ‘n kontemporêre musiekstyl verkies, is ons steeds aan ons lidmate verbind wat meer van 'n tradisionele inslag in die erediens verkies.
Om hierdie rede word die erediens van elke eerste Sondag van die maand, as ’n tradisionele erediens ingekleur. ’n Tradisionele erediens behels dat daar meer van orrelsang gebruik gemaak word. Soms sal daar ook van klassieke instrumente en selfs kore gebruik gemaak word.