Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente
Picture

Genade vloei in die valleie van nederigheid - 9 Maart 2014:

Iemand het eendag vir Martin Luther, die groot kerkhervormer gevra: “Watter drie deugde (eienskappe), wat die grootste by ‘n ware man van God is, is aanwesig by ‘n vrou van God?” En hy het geantwoord. “Die eerste een is nederigheid, die tweede een is nederigheid en die derde een  is nederigheid.” 
Hoe hoog ag jy die eienskap van nederigheid en hoe belangrik dink jy is nederigheid vir God?

 Ontdek in hierdie boodskap: God se genade vloei in die valleie van nederigheid. Wanneer jy meer genade in jou lewe nodig het, meer genade nodig het in jou huwelik, genade nodig het om met jou kollegas te kan saamwerk... kom leer by Jesus. Hy was sagmoedig en nederig van hart. En die wonder is... hierdie is nie ‘n nuwe harde wet nie, maar dis net om te leer om te wees wie jy in Christus is.

Laai Preek Af
© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za