Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Nuwe lidmaat seminaar

Het dit jou ook opgeval hoe dikwels Jesus verhoudings met mense rondom 'n maaltyd gesmee het? Maaltye skep 'n ontspanne veilige atmosfeer waar jy jouself kan wees en gemaklik met iemand anders kan kuier.

Om hierdie rede word nuwe lidmate aangemoedig om Dalpark se nuwe lidmaat seminaar/dinee by te woon. Dit is die perfekte geleentheid waartydens jy meer oor die gemeente kan uitvind. Die doel is egter nie net om informasie aan nuwe lidmate deur te gee nie, maar ook dat die leraars die nuwe lidmate persoonlik kan ontmoet.
Picture
Ons wil jou dus graag uitnooi om 'n nuwe lidmaat seminaar by te woon, sodat ons mekaar van naderby kan leer ken. In 2013 sal daar 2 sulke geleenthede wees:
  • 27 Feb (by Ds Nati se pastorie)
  • 9 Okt (by Ds Hennie se pastorie)
Die aand skop met 'n ete af, waarna die leraars bietjie oor die gemeente deel. Elke nuwe lidmaat seminaar begin 19:00 en sluit skuins voor 21:00 af. Dit is gratis, maar omdat kos voorberei moet word is bespreking UITERS noodsaaklik. Kontak asb die kerkkantoor of vul die onderstaande vorm in, om jou plek te bespreek. Onthou om asseblief te sê namens hoeveel mense jy bespreek (kinders ingesluit, indien wel).

    Bespreking vir nuwe lidmaat seminaar

Submit
© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za