Oggenddienste
In 2018 kry ons eredienste 'n splinternuwe baadjie met betrekking tot die tye van die dienste.
Gedurende die skoolkwartale, is daar twee oggendienste - die vroeë diens om 08:15 en die tweede diens, ons familiediens, om 10:00. Hierdie erediens staan bekend as Kaléo. Ons roep dit uit!
Dit is ‘n diens wat op 1 Febr. 2015 op ‘n hoë noot afgeskop het met die aanbiddingsgroep, Onbeskaamd, wat ons lof en aanbidding gelei het en was aanvanklik 'n aanddiens gewees.
Hierdie diens se boodskap bevat presiesdieselfde tema as die vroeë diens om 08:15, maar baie meer klem word gelê op aanbidding op ’n vernuwende manier. Het jy begeerte na lewendige aanbidding, boodskappe wat vry maak en fellowship met vriende? Dan is Kaléo vir jou!
Dis dan ook gelyklopend met hierdie tweede erediens, dat ons kinderbediening aangebied word.
In ons derde erediens, om 18:00, val ons fokus in die aanbieding van die erediens, op die jongmens, maar alle generasies is welkom om hierdie erediens by te woon.
Die enigste dag van die jaar wat ons oggenddiens op 'n ander tyd plaasvind, is op Kersdag en dan om 08:00.
Tydens skoolvakansies en langnaweke, is daar slegs een erediens om 10:00
TERUGBLIK OP TONELE UIT OPSTANDINGSONDAG 2016 SE TWEE BELEWENISDIENSTE.
Ons sondeskuld was die rede waarom Jesus oorgelewer en aan die kruis vasgespyker is om te sterf. 'n Ruiltransaksie het plaasgevind - Jesus het al ons misdade en oortredinge op Hom geneem en ons het Sy geregtigheid, Sy regverdigheid geword. Daarvoor het Jesus opgestaan en leef Hy verewig!
Volg die skakel vir die Evangelie van Lukas oor Jesus se opstanding
https://youtu.be/2PHPLApTt7Y?t=3h34m40s