Dalpark NG Kerk
  • Ons tuisblad
  • Ons mense
    • Ons vrouens>
      • Gebedsgroep vir vroue
      • Ons mans
        • Ons seniors
          • Ons jongmense>
            • Ons kinders
              • Ons tieners
                • Ons jong volwassenes
                • Ons omgeegroepe
                  • Ons enkellopendes
                  • Ons eredienste
                    • Oggenddienste
                      • Aanddienste (Paletdienste)>
                        • Bybelskool
                          • Kursus oor Islam
                            • Jeugdiens
                            • Kinderkerk
                              • Musiek
                                • Cd-bestellings
                                  • Week van gebed
                                    • Goeie Vrydag
                                      • Hemelvaart
                                        • Pinkster
                                          • Kersfees
                                            • Oujaarsdiens
                                            • Ons kursusse
                                              • Bybelskool
                                                • Nuwe lidmaat seminaar
                                                  • Pa-konferensie
                                                    • Konferensie vir enkellopendes
                                                      • Huweliksvoorbereiding
                                                        • Kursus vir doopouers
                                                          • Die essensie van geregtigheid
                                                            • Kursus oor kindernagmaal
                                                              • Kursus oor die Joodse Pasga
                                                                • Kursus oor Islam
                                                                  • Theophostic kursus
                                                                  • Ons kampe
                                                                    • Kinderkamp
                                                                      • Uitkampnaweek
                                                                        • Huishulpkamp
                                                                          • Mannekamp
                                                                          • Ons admin
                                                                            • Ons dagboek
                                                                              • Doop
                                                                                • Huwelike
                                                                                  • Begrafnisse
                                                                                    • Saalbesprekings
                                                                                      • Gedenkmuur
                                                                                        • Debietorders
                                                                                        • Kontak ons
                                                                                          • Ons in die kuberruim
                                                                                            • Ons personeel
                                                                                              • Skedulering van afsprake
                                                                                                • Sielkundige dienste
                                                                                                  • Ons padkaart
                                                                                                    • Ons kontakbesonderhede
                                                                                                    • Ons gemeente
                                                                                                      • Ons glo . . .
                                                                                                        • Ons embleem
                                                                                                          • Ons vorige embleme>
                                                                                                            • Koringaar
                                                                                                              • Atleet
                                                                                                                • Voetewas
                                                                                                                • Ons leraars>
                                                                                                                  • Huidige leraars>
                                                                                                                    • Ds Hennie Pienaar
                                                                                                                      • Prop Enel Ferreira
                                                                                                                        • Ds Nati Stander
                                                                                                                        • Vorige leraars>
                                                                                                                          • Ds Dirk Myburgh
                                                                                                                            • Ds Cobie Du Plessis
                                                                                                                              • Ds Corneel Rautenbach
                                                                                                                            • Ons verhaal>
                                                                                                                              • Ons ontstaansjare
                                                                                                                                • 1975-1994
                                                                                                                                  • 1995-2004
                                                                                                                                    • 2005-2010
                                                                                                                                  • Ons getuienistaak
                                                                                                                                    • Daguitreike>
                                                                                                                                      • Assesseringskamer
                                                                                                                                      • Kersete 2011
                                                                                                                                        • "London Bridges"
                                                                                                                                          • Ons sendelinge>
                                                                                                                                            • Ds Marius Storm
                                                                                                                                              • Tinus & Lana Els
                                                                                                                                                • Johan Minnie
                                                                                                                                              • Ons mediateek
                                                                                                                                              • Ons funksies
                                                                                                                                                • Ons basaar
                                                                                                                                                  • Ons passiespel
                                                                                                                                                  • Ons dorp
                                                                                                                                                    • Ons & ander Kerke
                                                                                                                                                      • Christelike maatskaplike raad (CMR)
                                                                                                                                                        • Our Care Network

                                                                                                                                                        Ons embleem

                                                                                                                                                        Met ingang van 2009 gebruik ons gemeente ‘n nuwe embleem om iets te verwoord van die rigting wat die Here met ons gemeente stap. Dit is ’n eenvoudige embleem wat dit regkry om baie aspekte van ons huidige reis met die Here te belig. Om ons embleem te verstaan, moet jy by die kern begin en na buite werk:
                                                                                                                                                        Picture

                                                                                                                                                        Die kruis:

                                                                                                                                                        Sedert 2007 is ons gemeente as’t ware besig om die kruis van Christus te “herontdek”. Jesus het baie meer op aarde kom doen, as om net vir ons goeie maniere te kom leer. Hy het geleef om vir ons sondes te sterf. Dit verander ons verhouding met God – en gevolglik ook ons hele lewe. Saam met Paulus wil ons uitroep – “Mag God verhoed dat ons ooit in iets anders roem as in die kruis van ons Here Jesus Christus” Gal 6:14

                                                                                                                                                        Water:

                                                                                                                                                        Ewe sentraal – net langs die kruis – word ’n waterstroom uitgebeeld wat water uitgiet. Die ruimte word al voller en voller van hierdie water wat uitgegiet word. Water word dikwels gebruik om die uitstorting en vervulling van die Heilige Gees simbolies te verwoord. Die feit dat die ruimte voor die kruis al voller en voller met die water loop, sinspeel natuurlik op die visioen in Eseg 47. Tans leer die Here ons opnuut wat dit beteken om ’n Geesvervulde lewe te leef.

                                                                                                                                                        Sirkel:

                                                                                                                                                        Dikwels word sirkels as simbool van heelheid gebruik. Gedurende 2008 het ons duidelik ervaar dat die Here ons op ’n pad lei om mense werklik te begelei na “heelheid”. Ons gemeente het ook ’n besluit geneem om ’n gemeente te wees wat betrokke is by mense – en noodwendig ons gemeenskap – se nood. Ware heelheid en genesing kan egter nie bereik word sonder die kruisdood van Jesus en die uitstorting van die Heilige Gees nie.

                                                                                                                                                        Goud:

                                                                                                                                                        Die buiterand van die embleem is goud van kleur en verwoord iets van oorwinning. Ons weet dat God se wil vir Sy kinders ’n lewe van oorwinning is – waar ons met sin, betekenis en volheid kan leef (Joh 10:10). In ons gemeente wil ons toenemend poog om die “ou mens” af te lê en ’n lewe van oorwinning te leef! 
                                                                                                                                                        © nati@stander.co.za