Dalpark NG Kerk
  • Ons tuisblad
  • Ons mense
    • Ons vrouens>
      • Gebedsgroep vir vroue
      • Ons mans
        • Ons seniors
          • Ons jongmense>
            • Ons kinders
              • Ons tieners
                • Ons jong volwassenes
                • Ons omgeegroepe
                  • Ons enkellopendes
                  • Ons eredienste
                    • Oggenddienste
                      • Aanddienste (Paletdienste)>
                        • Bybelskool
                          • Kursus oor Islam
                            • Jeugdiens
                            • Kinderkerk
                              • Musiek
                                • Cd-bestellings
                                  • Week van gebed
                                    • Goeie Vrydag
                                      • Hemelvaart
                                        • Pinkster
                                          • Kersfees
                                            • Oujaarsdiens
                                            • Ons kursusse
                                              • Bybelskool
                                                • Nuwe lidmaat seminaar
                                                  • Pa-konferensie
                                                    • Konferensie vir enkellopendes
                                                      • Huweliksvoorbereiding
                                                        • Kursus vir doopouers
                                                          • Die essensie van geregtigheid
                                                            • Kursus oor kindernagmaal
                                                              • Kursus oor die Joodse Pasga
                                                                • Kursus oor Islam
                                                                  • Theophostic kursus
                                                                  • Ons kampe
                                                                    • Kinderkamp
                                                                      • Uitkampnaweek
                                                                        • Huishulpkamp
                                                                          • Mannekamp
                                                                          • Ons admin
                                                                            • Ons dagboek
                                                                              • Doop
                                                                                • Huwelike
                                                                                  • Begrafnisse
                                                                                    • Saalbesprekings
                                                                                      • Gedenkmuur
                                                                                        • Debietorders
                                                                                        • Kontak ons
                                                                                          • Ons in die kuberruim
                                                                                            • Ons personeel
                                                                                              • Skedulering van afsprake
                                                                                                • Sielkundige dienste
                                                                                                  • Ons padkaart
                                                                                                    • Ons kontakbesonderhede
                                                                                                    • Ons gemeente
                                                                                                      • Ons glo . . .
                                                                                                        • Ons embleem
                                                                                                          • Ons vorige embleme>
                                                                                                            • Koringaar
                                                                                                              • Atleet
                                                                                                                • Voetewas
                                                                                                                • Ons leraars>
                                                                                                                  • Huidige leraars>
                                                                                                                    • Ds Hennie Pienaar
                                                                                                                      • Prop Enel Ferreira
                                                                                                                        • Ds Nati Stander
                                                                                                                        • Vorige leraars>
                                                                                                                          • Ds Dirk Myburgh
                                                                                                                            • Ds Cobie Du Plessis
                                                                                                                              • Ds Corneel Rautenbach
                                                                                                                            • Ons verhaal>
                                                                                                                              • Ons ontstaansjare
                                                                                                                                • 1975-1994
                                                                                                                                  • 1995-2004
                                                                                                                                    • 2005-2010
                                                                                                                                  • Ons getuienistaak
                                                                                                                                    • Daguitreike>
                                                                                                                                      • Assesseringskamer
                                                                                                                                      • Kersete 2011
                                                                                                                                        • "London Bridges"
                                                                                                                                          • Ons sendelinge>
                                                                                                                                            • Ds Marius Storm
                                                                                                                                              • Tinus & Lana Els
                                                                                                                                                • Johan Minnie
                                                                                                                                              • Ons mediateek
                                                                                                                                              • Ons funksies
                                                                                                                                                • Ons basaar
                                                                                                                                                  • Ons passiespel
                                                                                                                                                  • Ons dorp
                                                                                                                                                    • Ons & ander Kerke
                                                                                                                                                      • Christelike maatskaplike raad (CMR)
                                                                                                                                                        • Our Care Network

                                                                                                                                                        Ons glo . . .

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Deesdae is daar baie teologiese strominge in die Kerk. Naderhand weet jy nie meer wie glo wat nie. In Dalpark is ons nie skaam om te sê waarvoor ons staan nie. Lees gerus hierdie geloofsverklaring om presies te weet wat ons verkondig:

                                                                                                                                                        • Ons glo in die Drie-enige God: Vader, Seun & Heilige Gees. Die Vader het die verlossingsplan geïnisieer, die Seun het dit volbring en die Heilige Gees het dit verseël.
                                                                                                                                                        • Ons glo die Vader is die soewereine SkepperGod. Ons glo in sy onfeilbare Vaderhart. Alhoewel daar baie lyding hier op aarde is, is dit nie Hy wat dit bedink of organiseer nie. Die Vader word egter ook nie deur lyding onkant gevang nie en kan enige lyding tot sy eer omkeer.
                                                                                                                                                        • Ons glo dat die Seun – Jesus Christus – tydens sy aardse optrede gelyktydig, volledig God en mens was. Deur Jesus se sondelose lewe en substitusionele sterwe, kon Hy aan die kruis die mens se volledige straf dra. Ons glo dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het. Dit stel ons in staat om ’n ou lewe af te sterf en ‘n nuwe lewe van oorwinning te leef.  Omdat ons niks by Jesus se strafdood kan byvoeg nie, kan ons met die wete leef dat God self voorsien het.
                                                                                                                                                        • Ons glo dat die Heilige Gees volledig God is en in sy volheid in elke gelowige woon en werk. ’n Eens gebroke liefdesverhouding tussen God en mens word nou deur die Heilige Gees herstel en verseël.
                                                                                                                                                        • Ons glo die volledige Bybel is die Woord van God. God gee leiding, bemoedig en tug vanuit sy Woord.
                                                                                                                                                        • Ons glo dat die mens geskep is as God se verteenwoordiger op aarde, met die opdrag om te heers. Die mens het sy voorreg om op aarde te heers, met die sondeval prysgegee. Jesus het egter na sy kruisiging en opstanding, die gelowige in staat gestel om met dieselfde outoriteit waarmee Hý geleef het, wéér op aarde te heers.
                                                                                                                                                        • Ons glo dat die gelowige volkome vergewe is, omdat ons met Christus se geregtigheid geklee is. Versoening met die Vader is 'n voltooide taak wat Jesus vir ons bewerk het.
                                                                                                                                                        • Ons glo dat elke gelowige opgeroep word om uit dankbaarheid ’n heilige lewe te leef. 
                                                                                                                                                        • Ons glo dat elke gelowige ’n roeping het om God se koninkryk op aarde uit te bou. 
                                                                                                                                                        • Ons glo dat elke gelowige deel van God se huisgesin is en opgeroep word om as Kerk die eenheid van ’n liggaam te weerspieël.

                                                                                                                                                        © nati@stander.co.za