Ons in die kuberruim
Ons moet probeer nuut dink oor hoe geloofsgemeenskappe in die kuberera lyk. Om "in voeling" met 'n medegelowige te wees, beteken deesdae dat ons mekaar darem onder andere virtueel moet kan raakloop.
Klik op die Facebook ikoon om na ons amptelike profiel geneem te word. Sluit by die groep aan en deel met ons jou gedagtes:
- Dalk het jy iets in die Bybel gelees wat jou opgewonde maak?
- Miskien gaan jy deur 'n moeilike tyd en jy wil graag hê dat iemand vir jou moet bid?
- Dalk het die Here 'n gebed beantwoord en jy wil dit êrens uitbasuin en die goeie nuus met die wêreld deel?
- Miskien het jy 'n funksie by die gemeente bygewoon en 'n paar oulike foto's geneem?
YouVersion
Kanse is baie goed dat jou selfoon die funksie het om YouVersion se Bybelprogram af te laai. Daar is baie voordele daaraan om jou Bybel op jou selfoon of "tablet" te lees:
- Jy het altyd jou Bybel byderhand. As jy vir iemand tussen afsprake wag, kan jy maklik 'n paar minute in die Woord spandeer. Sommige Engelse vertalings het selfs 'n oudio-funksie. Dit beteken dat jy jou oorfone kan inprop en na die Bybel kan luister terwyl jy in die verkeer vassit!
- Daar is oulike Bybelleesprogramme waarvoor jy kan inskryf. Dit neem jou stelselmatig deur die Bybel. As jy met jou leesprogram per ongeluk agter raak, ontvang jy 'n boodskap wat jou op 'n positiewe manier herinner om Bybel te lees. Jy kan kies watter een van die honderde Bybelvertalings jy wil gebruik. Daar is ook etlike Afrikaanse vertalings beskikbaar om vanuit te kies. Met die druk van 'n knoppie kan jy tussen vertalings spring en dit selfs met mekaar vergelyk.
- YouVersion bied aan jou die funksie om al jou notas en boekmerke op die internet te stoor. Jy kan kies om dit met ander te deel, of om dit privaat te hou. Die lekker daarvan is dat jy altyd toegang daartoe het, ongeag waar jy jou bevind.
Klik op bostaande ikoon om na die groep "Dalpark Gemeente" op YouVersion se forum geneem te word. Sluit by die groep aan en deel met ons wat jy in jou Bybelstudie ervaar.
Miskien is jy eerder 'n Twitter-gebruiker? Dan sal jy bly wees om te weet dat jy ons ook op hierdie sosiale netwerk kan volg. Klik op die skakel om na ons Twitterprofiel geneem te word.