Jong volwassenes
Omgeegroepe
Die belangrikste faset van ons bediening aan jong volwassenes, is weeklikse byeenkomste in omgeegroepe. Jong volwassenes lei self die groepe soos in enige ander volwassene omgeegroep. Omgeegroepe is “oop” vir enige persoon – ongeag of die persoon ‘n lidmaat in ons gemeente is of nie.
Om lid van ‘n omgeegroep te word, beteken nie net dat daar na jou omgekyk word nie – maar jy beloof ook daardeur om na ander om te kyk. “Bond” is ‘n geleentheid vir jong volwassenes om met die Here te “bond”, maar ook met mede-gelowiges te “bond”. Dit se iets van ons verbintenis aan die Here, ons verbintenis aan mekaar en ons verbintenis met die wereld.

Personeel vir tienerkampeJong volwassenes het ‘n al hoe groter behoefte om self ander te bedien en nie net bedien te word nie. Om personeel te wees by jeugkampe is ‘n uitstekende geleentheid om dit te doen.
Tieners kyk op na jong volwassenes en die mentorverhouding wat deur middel van jeugkampe gevestig kan word is besonders. Indien jy belangstel om as 'n personeellid op 'n kamp op te tree, kan jy die meegaande vorm aflaai, invul en vir Enel Ferreira gee.
| Kampe vir jong volwassenes
‘n Goeie manier om mekaar beter te leer ken, is deur middel van saam kamp. Kampe kan verskillende vorme aanneem – van avontuurkampe tot staptoere tot “chill”-kampe. Jong volwassenes kampe verskil van tiener kampe oor die losser struktuur en baie vryheid wat op die kampe gegee word.
| ||||||