Ons kinders
Gelyklopend met die oggenderediens is daar kinder- en kleuterkerk in die drie jeuglokale. Alhoewel dit gelyklopend met die erediens is, is die doel nie om kinders op te pas nie, maar op doelgerig die evangelie te bedien. Elke kind word ook in ‘n groep van sy/haar eie ouderdomsgroep gedeel om te verseker dat hy/sy die nodige blootstelling, aandag en kennis op sy/haar vlak kry.
By die kinderkerk word daar ook alternatiewe aktiwiteitet gereël soos uitstappies en uitreike. Een van die hoogtepunte van 2011 was toe Nadine Blom ons kom besoek het. Hier het kinders die geleentheid gekry om, op hul eie vlak bedien te word en om deel te neem aan lof en aanbidding.
Die kinderkerk beoog om jaarliks ten minste een so alternatiewe geleentheid vir die kinders te reël, om selfs meer blootstelling aan die kinders te gee.
Die kinderkerk beoog om jaarliks ten minste een so alternatiewe geleentheid vir die kinders te reël, om selfs meer blootstelling aan die kinders te gee.