Ons mans.
As jy ‘n man met die evangelie bereik, bereik jy ‘n hele gesin. Om hierdie rede word daar in Dalpark moeite gedoen om na ons mans se geestelike behoeftes om te sien.
Skakel by 'n gebedsgroep in.
Daar is byvoorbeeld verskeie gebedsgroepe in ons gemeente wat spesifiek vir mans ingerig is. Douvoordag op Donderdae-oggende kom sakemanne byeen en op Vrydae-oggende is daar ’n gebedsgroep wat al etlike jare (winter, somer, kwartaal- en vakansietye) sonder onderbreking bymekaarkom.
Ons gebedsgroepe word gekenmerk aan hulle 'n informele gemaklike karakter. Daar sluit gereeld nuwe mans aan en hulle vind daar ’n geestelike tuiste. Skakel Johan Pienaar (0729320275) as jy op 'n Donderdagoggend wil inskakel en vir Sollie Bredenhann (0828972744) as jy op 'n Vrydagoggend wil inval.
Woon 'n manne-aand of mannekamp by.
Daar is ook jaarliks manne-aande waartydens genooide sprekers met ons kom praat oor gesondheid, geldsake, Goddelike ambisie, ouerskap, huwelike en verhouding met die Here. Nooi gerus jou vriend of kollega om hierdie aande mee te maak. Daar word ook mannekampe in ons gemeente aangebied. Die doel daarvan is dat elke man sy posisie in Christus sal insien, sodat herstel in lewens sal terugkeer.