Ons omgeegroepe.
Ons mikpunt is om soveel as moontlik van ons lidmate by omgeegroepe te betrek. Al is ons ‘n groot gemeente, streef ons na die atmosfeer te vinde in ‘n klein gemeente.
Ons streef daarna dat mense nie by eredienste sal voel hulle raak tussen die massa weg nie. Mense moet altyd die intimiteit van ons gemeente kan aanvoel. Tog het ‘n erediens 'n beperkte vlak van persoonlike bediening.
Daarom vervul omgeegroepe in ons gemeente die belangrike rol waar lidmate mekaar met God se Woord kan bedien en vir mekaar kan bid. Dit gee lidmate die geleentheid om die volgende tree in geloofsgroei te gee. As jy graag in ’n omgeegroep wil behoort, maar jy ken dalk nog niemand by wie jy sal tuis voel nie, kan jy die omgeegroepvorm aflaai en by die tafel vir Nuwe Lidmate in die voorportaal inhandig. Jy sal binnekort ’n oproep ontvang!

| omgeegroepvorm.pdf | |
| File Size: | 240 kb |
| File Type: | |