Dalpark NG Kerk
  • Ons tuisblad
  • Ons mense
    • Ons vrouens>
      • Gebedsgroep vir vroue
      • Ons mans
        • Ons seniors
          • Ons jongmense>
            • Ons kinders
              • Ons tieners
                • Ons jong volwassenes
                • Ons omgeegroepe
                  • Ons enkellopendes
                  • Ons eredienste
                    • Oggenddienste
                      • Aanddienste (Paletdienste)>
                        • Bybelskool
                          • Kursus oor Islam
                            • Jeugdiens
                            • Kinderkerk
                              • Musiek
                                • Cd-bestellings
                                  • Week van gebed
                                    • Goeie Vrydag
                                      • Hemelvaart
                                        • Pinkster
                                          • Kersfees
                                            • Oujaarsdiens
                                            • Ons kursusse
                                              • Bybelskool
                                                • Nuwe lidmaat seminaar
                                                  • Pa-konferensie
                                                    • Konferensie vir enkellopendes
                                                      • Huweliksvoorbereiding
                                                        • Kursus vir doopouers
                                                          • Die essensie van geregtigheid
                                                            • Kursus oor kindernagmaal
                                                              • Kursus oor die Joodse Pasga
                                                                • Kursus oor Islam
                                                                  • Theophostic kursus
                                                                  • Ons kampe
                                                                    • Kinderkamp
                                                                      • Uitkampnaweek
                                                                        • Huishulpkamp
                                                                          • Mannekamp
                                                                          • Ons admin
                                                                            • Ons dagboek
                                                                              • Doop
                                                                                • Huwelike
                                                                                  • Begrafnisse
                                                                                    • Saalbesprekings
                                                                                      • Gedenkmuur
                                                                                        • Debietorders
                                                                                        • Kontak ons
                                                                                          • Ons in die kuberruim
                                                                                            • Ons personeel
                                                                                              • Skedulering van afsprake
                                                                                                • Sielkundige dienste
                                                                                                  • Ons padkaart
                                                                                                    • Ons kontakbesonderhede
                                                                                                    • Ons gemeente
                                                                                                      • Ons glo . . .
                                                                                                        • Ons embleem
                                                                                                          • Ons vorige embleme>
                                                                                                            • Koringaar
                                                                                                              • Atleet
                                                                                                                • Voetewas
                                                                                                                • Ons leraars>
                                                                                                                  • Huidige leraars>
                                                                                                                    • Ds Hennie Pienaar
                                                                                                                      • Prop Enel Ferreira
                                                                                                                        • Ds Nati Stander
                                                                                                                        • Vorige leraars>
                                                                                                                          • Ds Dirk Myburgh
                                                                                                                            • Ds Cobie Du Plessis
                                                                                                                              • Ds Corneel Rautenbach
                                                                                                                            • Ons verhaal>
                                                                                                                              • Ons ontstaansjare
                                                                                                                                • 1975-1994
                                                                                                                                  • 1995-2004
                                                                                                                                    • 2005-2010
                                                                                                                                  • Ons getuienistaak
                                                                                                                                    • Daguitreike>
                                                                                                                                      • Assesseringskamer
                                                                                                                                      • Kersete 2011
                                                                                                                                        • "London Bridges"
                                                                                                                                          • Ons sendelinge>
                                                                                                                                            • Ds Marius Storm
                                                                                                                                              • Tinus & Lana Els
                                                                                                                                                • Johan Minnie
                                                                                                                                              • Ons mediateek
                                                                                                                                              • Ons funksies
                                                                                                                                                • Ons basaar
                                                                                                                                                  • Ons passiespel
                                                                                                                                                  • Ons dorp
                                                                                                                                                    • Ons & ander Kerke
                                                                                                                                                      • Christelike maatskaplike raad (CMR)
                                                                                                                                                        • Our Care Network

                                                                                                                                                        Personeel

                                                                                                                                                        Dalpark se belangrikste bate, is nie ons fantastiese fasiliteite nie, maar ons gelukkige personeelverhoudinge. Hierdie is die personeel van Dalpark sodat jy hulle op voornaamterme kan ken wanneer jy met hulle praat . . .

                                                                                                                                                        Kantoordame

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Werda Kriel is een van ons twee onmisbare kerkkantoordames. Sy werk reeds sedert 1990 by ons gemeente en is hoofsaaklik verantwoordelik vir die finansiële aspekte in die kerkkantoor.


                                                                                                                                                        Kantoordame

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Karina Pienaar is ons ander kantoordame wat jy oral oor sal sien. Sy werk sedert 2004 in die kerkkantoor en is hoofsaaklik vir die lidmaataangeleenthede verantwoordelik.

                                                                                                                                                        Fasiliteitsbestuurder

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Mike Panayotou is die bestuurder van al ons fasiliteite. Hy is onder andere verantwoordelik vir die opknap, instandhouding en verhuring van ons geriewe. Sedert hy in Sept 2009 by ons span aangesluit het, het hy homself onmisbaar gemaak. 

                                                                                                                                                        Skoonmaakster

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Lina is die personeellid wat die langste by ons is. Sy werk al sedert 1985 vir ons gemeente! 
                                                                                                                                                        Sy sorg daagliks dat ons gemeentesentrum skoon 
                                                                                                                                                        en netjies is.



                                                                                                                                                        Tuinwerker

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Titus Khoza sorg dat die tuine op ons kerkperseel altyd so mooi lyk. Hy het in 2006 by ons span aangesluit.


                                                                                                                                                        Skoonmaakster

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Sylvia werk sedert 2005 in ons gemeente. Sy neem saam met Lina verantwoordelikheid vir die skoonmaak van ons gemeentesentrum.


                                                                                                                                                        Musiekdirekteur

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Diane Samuel is onder andere verantwoordelik om die musiekgroep af te rig en ons eredienste liturgies in te kleur. Haar veelsydigheid as musikant en as musiekonderwyseres, maak haar vir ons baie waardevol. Sy het einde 2006 
                                                                                                                                                        by ons gemeente aangesluit.



                                                                                                                                                        Sielkundige

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Le Roux Rossouw werk sedert Feb 2008 as sielkundige in ons gemeente. Hy is welliswaar nie deel van die betaalde personeelkorps in ons gemeente nie, maar sy kundigheid is vir ons ’n waardevolle toevoeging.


                                                                                                                                                        Skakelbeampte

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Frikka Reyneke het haar in Mrt 2010 in die pos van skakelbeampte ingegrawe. Dit behels onder andere die skedulering van alle afsprake met leraars. Sy is uiters effektief en  gemeente-bediening is deesdae ondenkbaar sonder haar.

                                                                                                                                                        Tegniese operateur

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Die werk van 'n klankman is lankal nie meer net die verstel van volume nie. Daar is 'n tegniese en multimedia komponent wat bykom. Ons gemeente het heelwat vrywilligers wat help, maar omdat Barry die klank van elke oggend- en jeugdiens doen - om nie te praat van weeklikse oefeninge nie - word hy 'n klein honorarium gegee om vir sy moeite dankie te sê. Hy help al sedert 2004.

                                                                                                                                                        Leraar

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Hennie Pienaar bedien sedert Aug 2003 die gemeente as leraar. Benewens vir die pastorale versorging van lidmate ouer as 47, is hy ook onder andere vir plaaslike evangelisasie, die vrouediens, al die gemeente se funksies en gemeentebou verantwoordelik. Hennie is vir ons in woord en daad 'n voorbeeld van hoe 'n lewende verhouding met Jesus lyk.


                                                                                                                                                        Leraar

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Enel Ferreira het in 2010 periodiek as student in ons gemeente begin uithelp. Daarna het sy haar gemeentejaar by ons gedoen en voltyds by ons ingeskakel. Sy is onder andere vir die diensgroepe van die erediens en gemeenskapsdiens verantwoordelik - en dan natuurlik die jeug. Die jeug vertak in kinder-, tiener- en jong volwasse bediening. Sy lewer 'n onskatbare bydrae tot die span.

                                                                                                                                                        Leraar

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Nati Stander het in April 2004 by die gemeente aangesluit. Benewens pastorale versorging is hy ook vir omgeegroepe, gesinsbediening, toerusting en skoling, wêreld evangelisasie, korttermyn-uitreike en die webtuiste verantwoordelik. Hy is heelhartig geanker in die Vaderhart van die Here, die voltooide werk van Jesus en die volle uitstorting van die Gees.


                                                                                                                                                        © nati@stander.co.za