Ons seniors.
As jy 60 en ouer is en jy is MOEG vir die lewe . . . dan is Klub Goue Jare beslis NIE vir jou NIE !!!
Klub Goue Jare is die bediening wat na ons seniors omsien. Maar as jy hulle ERG wil omkrap dan moet jy dit die bediening aan bejaardes noem! Want dit is hulle beslis nie!
Dit is een van Dalpark se mees dinamiese bedieninge met dinge wat om elke hoek en draai gebeur! Gedurende die skoolkwartale kom Klub Goue Jare elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die kerk bymekaar.
Soms bied ‘n besoekende spreker ’n relevante tema (soos pensioen, gesondheid ens) aan. Ander kere sit die groep af met ’n ontdekkingstog na ’n nuwe bestemming (soos Cullinan-myn of SA-brouery). Partykeer tree daar selfs kunstenaars (soos Lance James, Barbara Ray en Gottfried Schiele) by die geleenthede op. Maar ongeag wat vir daardie Woensdag beplan is, maak lekker kuier altyd deel daarvan uit!
Benewens die maandelikse Klub Goue Jare, is daar ook ’n omgeegroep vir senior lidmate wat weekliks bymekaarkom. Die Emmanuel groep het in 2009 hulle 15e bestaansjaar gevier!
Hulle spog ook met ’n blink inisiatief om fondse in te win en gelykertyd ons omgewing te red. Die Emmanuel groep is verantwoordelik vir die Mondi papierherwinningsdrom wat op die kerkgronde staan. Sedert die projek in 2006 afgeskop het, het dit al etlike duisende rande ingewin, wat weer aangewend is om verskeie sendingprojekte te befonds of behoeftige mense te ondersteun.

Kom meld jouself aan.
Al is jy nie self al ’n senior burger nie, kan jy natuurlik altyd jou hulp by hierdie diensgroep kom aanbied. Daar is uiteraard baie van ons senior burgers wat al fisies baie swak is en vereensaam. Klub Goue Jare se spannetjie doen moeite om sulke bejaardes met byvoorbeeld verjaarsdae te kontak en te bemoedig.
Indien jy sou belangstel om op so ’n manier iemand te bemoedig - of selfs as jy dit oorweeg om net by Klub Goue Jare in te skakel, kan jy gerus vir Lizette Combrinck skakel. Moenie vir haar bang wees nie. Sy trek net met spesiale geleenthede soos ’n seerower aan! Gee haar gerus ’n lui as jy enigsins meer oor die bediening aan ons seniors wil weet. Haar nommer is 0726590240.