Dalpark NG Kerk
  • Ons tuisblad
  • Ons mense
    • Ons vrouens>
      • Gebedsgroep vir vroue
      • Ons mans
        • Ons seniors
          • Ons jongmense>
            • Ons kinders
              • Ons tieners
                • Ons jong volwassenes
                • Ons omgeegroepe
                  • Ons enkellopendes
                  • Ons eredienste
                    • Oggenddienste
                      • Aanddienste (Paletdienste)>
                        • Bybelskool
                          • Kursus oor Islam
                            • Jeugdiens
                            • Kinderkerk
                              • Musiek
                                • Cd-bestellings
                                  • Week van gebed
                                    • Goeie Vrydag
                                      • Hemelvaart
                                        • Pinkster
                                          • Kersfees
                                            • Oujaarsdiens
                                            • Ons kursusse
                                              • Bybelskool
                                                • Nuwe lidmaat seminaar
                                                  • Pa-konferensie
                                                    • Konferensie vir enkellopendes
                                                      • Huweliksvoorbereiding
                                                        • Kursus vir doopouers
                                                          • Die essensie van geregtigheid
                                                            • Kursus oor kindernagmaal
                                                              • Kursus oor die Joodse Pasga
                                                                • Kursus oor Islam
                                                                  • Theophostic kursus
                                                                  • Ons kampe
                                                                    • Kinderkamp
                                                                      • Uitkampnaweek
                                                                        • Huishulpkamp
                                                                          • Mannekamp
                                                                          • Ons admin
                                                                            • Ons dagboek
                                                                              • Doop
                                                                                • Huwelike
                                                                                  • Begrafnisse
                                                                                    • Saalbesprekings
                                                                                      • Gedenkmuur
                                                                                        • Debietorders
                                                                                        • Kontak ons
                                                                                          • Ons in die kuberruim
                                                                                            • Ons personeel
                                                                                              • Skedulering van afsprake
                                                                                                • Sielkundige dienste
                                                                                                  • Ons padkaart
                                                                                                    • Ons kontakbesonderhede
                                                                                                    • Ons gemeente
                                                                                                      • Ons glo . . .
                                                                                                        • Ons embleem
                                                                                                          • Ons vorige embleme>
                                                                                                            • Koringaar
                                                                                                              • Atleet
                                                                                                                • Voetewas
                                                                                                                • Ons leraars>
                                                                                                                  • Huidige leraars>
                                                                                                                    • Ds Hennie Pienaar
                                                                                                                      • Prop Enel Ferreira
                                                                                                                        • Ds Nati Stander
                                                                                                                        • Vorige leraars>
                                                                                                                          • Ds Dirk Myburgh
                                                                                                                            • Ds Cobie Du Plessis
                                                                                                                              • Ds Corneel Rautenbach
                                                                                                                            • Ons verhaal>
                                                                                                                              • Ons ontstaansjare
                                                                                                                                • 1975-1994
                                                                                                                                  • 1995-2004
                                                                                                                                    • 2005-2010
                                                                                                                                  • Ons getuienistaak
                                                                                                                                    • Daguitreike>
                                                                                                                                      • Assesseringskamer
                                                                                                                                      • Kersete 2011
                                                                                                                                        • "London Bridges"
                                                                                                                                          • Ons sendelinge>
                                                                                                                                            • Ds Marius Storm
                                                                                                                                              • Tinus & Lana Els
                                                                                                                                                • Johan Minnie
                                                                                                                                              • Ons mediateek
                                                                                                                                              • Ons funksies
                                                                                                                                                • Ons basaar
                                                                                                                                                  • Ons passiespel
                                                                                                                                                  • Ons dorp
                                                                                                                                                    • Ons & ander Kerke
                                                                                                                                                      • Christelike maatskaplike raad (CMR)
                                                                                                                                                        • Our Care Network

                                                                                                                                                        Tienerbediening (graad 7-12)

                                                                                                                                                        Buddy-groepe

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        In die konteks waarin jongmense vandag leef, is dit vir hull baie belangrik om te weet dat hul op ‘n persoonlike vlak geken en waardeer word.  Dit is die rede hoekom daar die buddy-groep sisteem begin is. 

                                                                                                                                                        Tieners kom weekliks by mekaar by vir ‘n buddy-groep by ‘n omsiener se huis.  ‘n Buddy-groep werk soos volwassenes se omgee-groepe, met verhoudings wat voorop staan.  Tieners is ook welkom om vriende saam te nooi na die buddy-groepe toe, omdat die mikpunt is om vriendekringe te bedien.  Sulke tieners kan volwaardig deel word van ‘n buddy-groep, sonder om lidmaat van die gemeente te word. 

                                                                                                                                                        Omsieners is volwassenes, dikwels egpare,  met ‘n passie vir tieners.  Tieners bly ook van Graad 7 tot en met Graad 10 by dieselfde omsieners om ‘n vertrouensband te verseker en om te verseker dat die evangelie optimaal vir elke tiener bedien kan word. Graad 7 tieners sluit reeds aan by die Hoerskool-buddies om te verseker dat die skuif van hoerskool na laerskool soveel makliker is. 

                                                                                                                                                        Die tieners vorm oor die loop van 4 jaar ‘n ongelooflike verhouding met die tieners, en die gevolge van buddy-groepe het ‘n groot invloed op die geestelike ontwikkeling van die tieners. Hier volg die informasie van die omsieners:
                                                                                                                                                        • Graad 7 Johan & Annelize Du Toit
                                                                                                                                                        • Graad 8   Gerhard en Zelda Meyer
                                                                                                                                                        • Graad 9   Andre en Retha Meyer
                                                                                                                                                        • Graag 10 Christoff en Jackie van Wyk

                                                                                                                                                        Tienerdienste

                                                                                                                                                        Picture
                                                                                                                                                        Elke Sondagaand 18:00 gons dit behoorlik in die saal, soos die tieners by mekaar kom en die nuutste stories uitruil.  Saam word daar voor die diens gekuier en gelag rondom ‘n koppie koffie.  Dit is ook nie net ons gemeente se tieners wat hierdie dienste bywoon nie, maar  ander gemeentes begin saamsnoer om hiervan ‘n groter geleentheid te maak. 

                                                                                                                                                        Ons band, LIFT-UP, bedien die tieners hierna met lof en aanbidding.  Tieners wat oor ‘n musiektalent beskik word uitgenooi om deel te word van die band en so hul talente te gebruik om die Here te aanbid.  LIFT-UP verwelkom tieners wat ywerig is om te leer om beter kitaar, dromme of ander instrumente te speel.  Hulle oefen Woensdae-aande en enige een is welkom om te join. 

                                                                                                                                                        Woordverkondiging gebeur hierna en dit word op verskillende maniere benader.  Soms kyk ons saam na ‘n video, soms is dit bloot ‘n fellowship geleentheid is, en soms is dit Skrifverkondiging spesifiek vir tieners en die issues wat hulle beleef. 

                                                                                                                                                        Al is hierdie eredienste pret, is die doel nog steeds dat die jongmense meer van die Here moet leer en dat die Woord altyd sentraal staan.  



                                                                                                                                                        Socials

                                                                                                                                                        Ons weet dat tieners mal is daaroor om sommer net te kuier en pret te hê. Daarom reel ons gereeld socials vir die jongklomp om sommer mekaar beter te kan leer ken, en te kan ontdek dat die kerk  eintlik ‘n baie opwindende plek is.  Socials soos die sou byvoorbeeld ‘n ‘foam party’ of ‘n deurnag Playstation en Wii insluit.  

                                                                                                                                                        Uitreike

                                                                                                                                                        Deur die loop van die jaar word daar uitreike aan saam met tieners gereel.   Meer inligting hiervan sal altyd deur middel van die tienerdiens en die buddy-groepe versprei word.  

                                                                                                                                                        Belydenisjaar (graad 11)

                                                                                                                                                        Die belydenisjaar is die jaar waarin tieners se kennis rondom die Woord en leerstellings daar van getoets word.  Dus kom tieners weekliks by mekaar en ontvang uitgedrukte lesse, waaroor daar aan die einde van die jaar ‘n toets afgele word.  Daar word deur die jaar ‘n kamp rondom geloofsekerheid, ‘n uitreik en en ‘n persoonlike onderhoud met elke tiener gedoen. 

                                                                                                                                                        Dit is egter nie net ‘n jaar waarin kennis getoets word nie, maar ook ‘n jaar waarin tiener gelei word tot geloofsekerheid, sodat hul aan die einde van die jaar, met sekerheid kan bely dat Christus hul persoonlike verlosser is.  


                                                                                                                                                        Belydeniskamp

                                                                                                                                                        Die kamp se oogmerk is om die tieners te lei om eerlik hul lewens tot op hede in die gesig te staar, om dit oor te gee vir Jesus en om die pad vorentoe met geloopsekerheid aan te pak.  Natuurlik is dit ook ‘n kamp waarin verhoudings versterk word met hope pret!

                                                                                                                                                        Kommunikasie aan tieners word op verskeie maniere bewerkstellig.  Eerstens is dit belangrik dat jy ons groep – Dalpark Jeug – op facebook gaan join, dan moet jy seker maak dat jou buddy-leier jou nuutste selfoon nommer het, en derdens moet jy jou oor op die grond hou tydens die tienerdienste, om te verseker dat jy geen van die wonderlike aktiwiteite en geleenthede van die tienerbediening misloop nie.  


                                                                                                                                                        © nati@stander.co.za