Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Tienerbediening (graad 7-12)

Buddiegroepe

Picture


 In die konteks waarin jongmense vandag leef, is dit vir hulle baie belangrik om te weet dat hulle op ‘n persoonlike vlak geken en waardeer word.  Dit is die rede hoekom daar die buddiegroep sisteem begin is. 

In 'n buddiegroep, staan verhoudings voorop. Tieners kom elke Sondagaand tydens die 10:00, saam met die jeugmentor, Janene de Beer, in die erediens bymekaar om deel te wees van die lofprysing.
Na aanbidding, beweeg tieners na die saal. 
Soms kyk hulle saam na ‘n video, soms is dit bloot ‘n fellowship geleentheid is, en soms is dit Skrifverkondiging spesifiek vir tieners en die issues wat hulle beleef.  

Tieners is welkom om vriende saam te nooi na hierdie byeenkoms. Sulke tieners kan volwaardig deel word van ‘n buddiegroep, sonder om lidmaat van die gemeente te word. 

Graad 7 tieners sluit reeds aan by die buddies om te verseker dat die skuif van laerskool na hoërskool soveel makliker is. 




Kaléo - Aanddienste 

Elke Sondagaand om 18:00 vergader jongmense saam met ander gemeentelede in lofprysing en aanbidding saam met die Kaléo - Band. Hierdie praise en worship word gelei deur Werner Samuel en die band wat op 'n Donderdagaand gefokus oefen om die tieners en alle ander teenwoordig te bedien. Na die erediens, kuier die jongmense informeel saam.

Hierdie eredienste, wat gelei word deur ds.Hennie, ds. Nico, Janene, Rikus of Werner, is daarop gemik dat die jongmense meer van die Here moet leer en dat die Woord altyd sentraal staan.  

Socials

Ons weet dat tieners mal is daaroor om sommer net te kuier en pret te hê. Daarom reel ons gereeld socials vir die jongklomp om sommer mekaar beter te kan leer ken, en te kan ontdek dat die kerk  eintlik ‘n baie opwindende plek is.  Socials soos die sou byvoorbeeld ‘n ‘foam party’ of ‘n deurnag Playstation en Wii insluit.

Vanaf Vrydag 12 Augustus, het die jeug sommige Vrydagaande van 18:30-19:30 'n byeenkoms saam met Janene. 


Belydenisjaar (graad 11)

Die belydenisjaar is die jaar waarin tieners se kennis rondom die Woord en leerstellings daar van getoets word.  Dus kom tieners weekliks by mekaar en ontvang uitgedrukte lesse, waaroor daar aan die einde van die jaar ‘n toets afgele word.  Daar word deur die jaar ‘n kamp rondom geloofsekerheid, ‘n uitreik en ‘n persoonlike onderhoud met elke tiener gedoen. 

Dit is egter nie net ‘n jaar waarin kennis getoets word nie, maar ook ‘n jaar waarin tieners gelei word tot geloofsekerheid, sodat hul aan die einde van die jaar, met sekerheid kan bely dat Christus hul persoonlike verlosser is. 

Aan die hoof van 2018 se belydenisgroep, staan Rikus van Aardt. 


Uitreike

Deur die loop van die jaar word daar uitreike aan saam met tieners gereel.   Meer inligting hiervan sal altyd deur middel van die tienerdiens en die buddy-groepe versprei word.  

Belydeniskamp (Kattieskamp)

Die kamp se oogmerk is om die tieners te lei om eerlik hul lewens tot op hede in die gesig te staar, om dit oor te gee vir Jesus en om die pad vorentoe met geloopsekerheid aan te pak.  Natuurlik is dit ook ‘n kamp waarin verhoudings versterk word met hope pret!

Kommunikasie aan tieners word op verskeie maniere bewerkstellig.  Eerstens is dit belangrik dat jy ons groep – Dalpark Jeug – op facebook gaan join, dan moet jy seker maak dat jou buddy-leier jou nuutste selfoon nommer het, en derdens moet jy jou oor op die grond hou tydens die tienerdienste, om te verseker dat jy geen van die wonderlike aktiwiteite en geleenthede van die tienerbediening misloop nie.  


Picture
Picture
© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za