Ons beplan
vir Februarie 2015 ‘n splinternuwe aanderediens met ‘n heel nuwe karakter. Die
teikengroep is jong volwassenes, maar ook almal wat op ’nvernuwende manier saam wil aanbid. Die styl
van die musiek: kontemporêr, Hillsongs, Retief Burger. Woord en Lewe se
musiekdirekteur, Tommie, gaan ons in hierdie proses bystaan en aanvanklik as
aanbiddingsleier optree. Mentorskap en ontwikkeling van die musiekgroep gaan
ook plaasvind.
Dienste
sal aanvanklik presies dieselfde tema bevat as die oggenddienste, maar minder leerinhoud en meer aanbidding,
getuienis, ens. Ons wil graag hê dat mense by ons aanddienste kom kuier,
vriende en later familie word. Ons dink nog aan ‘n naam vir hierdie erediens en
Kaléo spreek tans tot ons hart. Dit beteken uitroep, genooi, geroep en dit pas
baie mooi by ons visie - GEVESTIG IN JESUS. SY VOLMAAKTE KARAKTER EN VOLTOOIDE
WERK. GEBORGE in ‘n geestelike familie en GESTUUR na die wêreld. Die eerste
vers waar kaléo in die Nuwe Testament voorkom, sê: Julle moet Hom Jesus noem
(Kaléo) want Hy is die Verlosser van die wêreld. (Die naam kan ook later die
vaandel word waaronder ons gemeente vaar.) Die proses is tans in besluitneming by die
kerkraad.