Ons vrouens
Skakel by 'n Bybelstudiegroep in.
Om God se liefde aan ons vrouelidmate te bedien, is ’n taak wat Dalpark na aan die hart lê. Daar is ’n verskeidenheid van groepe en projekte wat op ’n deurlopende basis vrouens wil bemoedig – en gebruik, om hulle roeping uit te leef.
Op Dinsdae-oggende om 09:00 is daar ’n Bybelstudie wat deur vroue en vir vroue aangebied word. Spesiale bande van vertroue word hier gesmee. Vrouens word toegerus en bemoedig vir hul taak in die wêreld.

Help met 'n spesifieke funksie of projek.
As jy gemaklik agter die kospotte is, sal jy dit geniet om te kom hand bysit by spesiale projekte waar vrouens bak en/of kook om fondse vir ’n spesifieke saak in te win. Elke jaar doen ons vrouebediening moeite om van die uitgesoekte projekte ’n reuse sukses te maak.
Woon 'n "bederfaand" by.
Gedurende die jaar is daar ook vroue-aande met geen ander doel as om te bederf en te bemoedig nie. Los vir ’n slag die man, kinders en werk by die huis, en nooi ’n vriendin om die aand saam te kom geniet. Elke vrou gaan aan die einde van so ’n aand verkwik en geënergeer terug huis toe!