Oujaarsdiens

Dit klink dalk vreemd, maar daar is geen lekkerder plek om die nuwe jaar in te gaan as in die Middernagdiens nie! Kom alleen óf saam met vriende en familie en sluit ’n jaar af en begin ’n nuwe jaar saam met die Here!
Jy is baie welkom om sommer in dieselfde klere op te daag as waarin jy netnou nog gebraai het – om bietjie later verder te gaan kuier saam met geliefdes en vriende! Kom dus net so lekker informeel soos wat jy is!
Ons middernagdiens begin 31 Desember 2018 om 23:15 en knap na 00:00 stap ons vol moed die nuwe jaar tegemoet! Moet dit nie misloop nie!
Dit is elke jaar baie spesiaal!
Ons sluit 2018 af en gaan die Nuwe Jaar in met 'n boodskap deur een van ons leraars.