Swaziland-uitreik

Vir die naweek van Vrydag 30 Aug tot Son 1 Sept reik ons uit na die gemeenskap op Dwaleni in Swaziland. Die uitreik is 'n bouprojek wat ons aanpak met die doel om 'n netjiese klimraam, oftewel "jungle gym", vir die kinders daar te stel.
Hierdie is die ideale geleentheid vir iemand wat lus is om vir 'n naweek uit die normale gang van sake weg te breek en iets prakties te gaan doen in die koninkryk van die Here. Die uitreik kos R200 en ons benodig talle gewillige hande om die klimraam betyds af te handel.

Oogmerk
Aanvanklik was ons enigste oogmerk met die uitreik om ‘n klimraam vir die kinders op Dwaleni op te rig. Intussen het daar egter nuwe verwikkelinge ingetreë wat maak dat ons ‘n bietjie meer as net dit gaan doen.
Elke dag ontvang 175 kinders kos op Dwaleni. ‘n Buitelandse organisasie het aangedui dat hulle bereid is om die kos te borg, maar dan benodig hulle informasie oor al die kinders. Ons het gedink dat die dames wat saam op die uitreik gaan, hiermee kan help.
Terwyl die mans die klimraam bou, kan die vrouens die gewig en lengte van die kinders neem en dit in ‘n Excel spreadsheet tik. Dan is ons instrumenteel in die moontlike verkryging van ‘n kosborg vir die kinders.
Vertrektye
Dwaleni is 60 km vanaf Piet Retief en 25 km oorkant die Swaziland grens. Dit is altesaam 350 km – so ongeveer 4 ure se ry, sonder stilhou. Die naam van die grenspos waardeur ons gaan is “Mahamba”.
Vrydag 30 Aug kry ons mekaar 12:00 by ons kerkgebou waar ons die karre gaan pak. Teen 13:00 moet ons in die pad val.
Sondag 1 Sept woon ons eers die erediens by, voor ons die pad terug huis toe aandurf. Ons val 12:30 in die pad en sal teen 18:00 by terug by die kerk wees.
Vervoer
Jy moet asseblief vir my finaal bevestig of jy saamkom, teen niks later as Vrydag 23 Augustus nie. Laat weet my asseblief ook of jy vervoer benodig/bereid is dat iemand saam met jou in die kar ry. Vanuit die gegewens wat ek teen 23 Augustus ontvang, sal ons die vervoerreëlings organiseer en dit teen Maandag 26 Aug uitstuur. Jou R200 inskrywingsgeld, word gebruik om almal se brandstof te betaal.
Slaap- en badkamergeriewe
Daar is etlike klaskamers en vertrekke op die perseel waarin ons kan slaap. Dit is met ander woorde nie nodig dat jy ‘n tent saambring nie. Verder is daar een stort met warm water en vier spoeltoilette. Ons leef dus nogal luuks vir ‘n uitreik. Jy hoef net jou slaapsak, kussing, toiletries en toiletpapier saam te bring.
Kos
Die Mammas op Dwaleni maak vir ons Saterdagmiddag kos. Vrydag- en Saterdagaand braai ons saam en Sondag na kerk vertrek ons terug Brakkies toe. Jy moet dus voorsiening maak vir Saterdag- en Sondagoggend se ontbyt, asook vir Vrydag- en Saterdagaand se braaipakkie.
Vir ontbyt kan jy tipies “Oats-so-easy” saambring waaroor jy net kookwater hoef te gooi. Daar is ‘n gasstoof beskikbaar indien jy dit sou wou gebruik. Daar is ook ‘n vrieskas waarin jy kan jou vleis vir die Saterdag verkoel kan hou.
Jy kan vir jouself lekkernye en koeldrank saambring om aan te knaag, maar los asseblief alkohol by die huis vir wanneer ons braai – nie omdat ons dink dit verkeerd is nie, maar omdat dit ons getuienis in die gemeenskap kan skade aandoen. Die Sondag na Kerk sal ons vinnig in Piet Retief stop sodat jy vir jou ‘n wegneemete vir die middag kan koop.
Bring asseblief jou eie eetgerei om vanuit te eet. Koffie, melk, suiker en beskuit sal voorsien word.
Ander
Van alles wat jy moet saambring, is jou PASPOORT die heel belangrikste!
Paspoort! Paspoort! Paspoort!
Pak asseblief jou bagasie in so klein as moontlik tas/sak. Onthou dit is skaars ‘n naweek wat ons weg is. Daar is nie busse met sleepwaens wat saamgaan met baie pakruimte nie.
Die mans wat saamgaan kan die volgende saambring indien jy dit besit:
Die vrouens wat saamgaan kan die volgende saambring indien jy dit besit:
Sal die vrouens my asseblief voor die tyd in kennis stel of jy enige van bogenoemde items kan saambring, sodat ons betyds kan reël dat ons genoeg skale, maatbande en skootrekenaars tot ons beskikking het. Net ter wille van gemoedsrus gaan ons reël dat elke skootrekenaar net deur haar eie eienaar hanteer word. Verder beloof ek namens al die mans dat ons hard sal probeer om grappies oor die skale tot ‘n minimum te beperk – maar ek kan nie waarborg dat daar geen spottery daaroor sal wees nie :-)
Bring asseblief warm klere saam, dit kan koel raak. Verder kan jy ‘n hoed ook saambring omdat ons die hele dag in die son gaan wees.
Vrae:
1 Mag kinders saamgaan?
Solank die kinders geldige paspoorte het, is dit geen probleem om hulle oor die grens te neem nie - selfs nie eens as die ouers geskei is nie. Almal moet egter net 100% seker wees dat hulle wel paspoorte by hulle het en dat dit nie verval het nie.
2 Kan ons die water drink?
Daar is 'n boorgat met skoon drinkwater. Dis geen probleem nie.
3 Moet mens malariamedikasie neem?
Nee, dit is nie malariagebied nie.
Hoop om van jou te hoor teen 23 Augustus!

- ‘n Boor of ‘n tang wat goed gemerk is.
- ‘n “Multiplug” of ‘n verlengkoord wat goed gemerk is.
Die vrouens wat saamgaan kan die volgende saambring indien jy dit besit:
- ‘n Maatband.
- ‘n Badkamerskaal.
- ‘n Skootrekenaar met Excel op.