Dalpark Kaléo Gemeente
Kaleo Dalpark Gemeente

Theophostic kursus

Picture
Ons gemeente bied in die derde kwaartaal van 2012 die bekende "Theophostic" kursus in gebedsbediening aan. In kort is dit 'n kursus wat lidmate bemagtig om ander mense in hul proses van innerlike genesing by te staan. Dit is dus 'n unieke geleentheid vir "lekeberaders" om hulself beter te kwalifiseer. 

Mense wat wil inskryf moet weet dat dit 'n lywige kursus van 'n etlike paar weke is, en dat dit toewyding sal vereis. Jy word ook gedurende die kursus elektronies geeksamineer. Dit beloof om egter lewensveranderend te wees en jy kan na afloop van jou suksesvolle voltooing, by die internasionale assosiasie van Theophostic bediening geregistreer word.  

Die kursus is egter nie net vir mense wat ander wil help nie. Dit is die ideale geleentheid vir mense wat self worstel met innerlike seer, om God se perspektief daarop te kry.
Picture

Vinnige feite omtrent die kursus:

  • Die kursus behels 16 kontakgeleenthede, hoofsaaklik op Sondae-aande om 18:00, maar enkele geleenthede vind wel op 'n Maandag- of Donderdagaand plaas. 'n Volledige tydskedule met datums van kontakgeleenthede word uitgedeel met ons eerste sessie, maar is ook nou reeds te siene op ons aanlyn dagboek. (Kyk onder "Ons Admin")
  • Die eerste sessie vind plaas op 19 Aug 2012 om 18:00. Afhangende van hoeveel mense die kursus gaan loop, sal dit hetsy by Ds Nati se pastorie plaasvind of in die konsistorie. Mense wat geregistreer is vir die kursus, sal op hoogte gehou word.
  • Jy hoe nie eksamen te skryf as jy nie wil nie. As jy egter by die Internasionale assosiasie van Theophostic bediening wil registreer, sal jy die aanlyn eksamens moet skryf
  • Die kursus kos R400 per persoon. Hierdie kursusfooi is om jou nodige handboeke en studiemateriaal vir jou aan te koop. 
  • Indien 'n egpaar die kursus saam wil deurloop, kos dit R400 per egpaar en nie R800 nie. Ons werk met die veronderstelling dat 'n egpaar net een stel handboeke benodig omdat hulle onder dieselfde dak bly. Ons kan egter nie hierdie vergunning maak aan vriende wat net een stel handboeke wil koop en deel nie.
  • Die sluitingsdatum om vir die kursus in te skryf is Sondag 5 Augustus.
  • Teen Sondag 5 Augustus moet die kursusfooi ook inbetaal wees, sodat ons genoeg tyd het om jou handboeke te bekom.
  • Kursusfooie kan in die week by die kerkkantoor inbetaal word, of op die 5e Augustus by Ds Nati. 

Vir enige verdere navrae, vul die onderstaande vorm in en stuur dit aan.

    Navrae oor die Theophostic kursus

Submit

As jy die knoppie "Submit" druk, sal daar 'n boodskap verskyn 
wat bevestig of jou navraag suksesvol ingedien is.

© Vir enige navrae kan jy die webmeester kontak by tegnies@dalpark-kaleo.org.za