Tinus & Lana Els

Die Here het ons geroep om as voltydse
sendelinge by Campus Crusade for Christ te dien vanaf 12 Julie 2008. Vir die eerste 5 jaar van ons bediening was
die Masedonië - projek van Campus Crusade in Pretoria, ons tuiste. Ons taak was om die plaaslike kerk te
mobiliseer en op te lei, om saam met ons op korttermynuitreike te gaan na die
10/40 venster. Die Here het ons seisoen
by die Masedonië - projek tot ‘n halt geroep aan die einde van 2012 en ons
albei het ervaar dat die Here vir ons ‘n nuwe seisoen laat aanbreek het met ‘n
nuwe visie.
Op 4 Februarie 2013 het ons ‘n Campus Crusade for Christ Ekurhuleni streekskantoor in Kingswaylaan 116 Brakpan geopen. Ons werk tans saam met plaaslike kerke in Ekurhuleni om geestelike leiers en individue toe te rus om transformasie te bewerkstellig in gemeenskappe deur middel van die Evangelie van Jesus Christus.
Ons visie: Om te help om in vennootskap met die plaaslike kerk, 3000 nuwe gemeenskappe van vermenigvuldigende dissipels te vestig, in die 9 provinsies van SA aan die einde van 2020.
Indien jy graag meer wil uitvind of op enige wyse betrokke wil raak by Tinus en Lana se bediening, kan jy hulle kontak by tinuse@cccsa.org.za