Tinus & Lana Els
Tinus en Lana Els en hul twee dogters, Chanel en Rochelle, is al vir baie jare deel van ons gemeente. Tinus en Lana is onlangs deur die Here geroep om ’n opwindende nuwe rigting in te slaan.
Vraag: Jul het onlangs altwee voltyds by die Masedonië-Projek, ’n onderafdeling van die internasionale sendingorganisasie, Campus Crusade for Christ, begin werk. Jul moes jul huidige werke opgee hiervoor. Hoe het dit gekom dat jul so ’n groot stap geneem het?
Tinus en Lana: In 2005 tot 2007 het ons albei die geleentheid gehad om van die Masedonië-Projek se korttermyn-uitreike (na onder andere Yemen), mee te maak Ons albei het beleef hoe die Here tydens hierdie uitreike in ons werk en ons roep vir meer voltydse betrokkenheid by sending (spesifiek onder Moslems). Terug in Suid-Afrika, het ons een dag ’n ongelooflike ding beleef: Tinus het stiltetyd gehou en Hebreërs 3: 1-19 gelees. Vers 7 en 8 sê: “Luister daarom na wat die Heilige Gees sê: “Vandag, as julle sy stem hoor,moet julle nie hardkoppig wees nie,,,” Hy het dadelik geweet dat God met Hom praat en dat ons VANDAG moet gehoorsaam wees aan sy roeping. Die wonderlike ding was dat Lana “toevallig” ’n soortgelyke boodskap tydens haar stiltetyd dieselfde oggend kry. Sy lees die oggend Hebreërs 11:8: “Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het...” Toe ons hierdie teksverse met mekaar deel, was dit vir ons ‘n bevestiging van ons roeping!
Vraag: Wat behels jul werk by die Masedonië-Projek?
Tinus en Lana: Ons het altwee werklik ‘n hart vir die mense van Yemen en die Here het wonderbaarlik voorsien dat dít juis die land is waarvoor ons twee verantwoordelikheid moet neem. Ons tree op as mobiliseerders en is verantwoordelik vir die organisering van korttermyn-uitreike na Yemen. Lana neem verantwoordelikheid vir die administrasie: Sy reël onder andere visums, vliegkaartjie en verblyf van die korttermyn-sendelinge wat gaan.
Vraag: Wat is jul uiteindelike droom?
Tinus en Lana: Op hierdie stadium dink ons dat ons uiteindelik voltyds in Yemen self sal gaan werk as sendelinge.
Vraag: Hoekom spesifiek Yemen?
Tinus en Lana: Yemen is ’n Moslem-land wat deel uitmaak van die 10/40 venster. Die 10/40 venster verwys na díe deel van die wêreld waar die meeste onbereikte volke woon. Dit is ’n geweldige oorbevolke gebied wat twee derdes van die wêreld se bevolking huisves. Tog werk slegs 3% van alle sendelinge wêreldwyd in hierdie gebied. Die nood is dus baie groot!
Vraag: Alhoewel dit baie opwindend is, is ‘n tyd van verandering ook baie stresvol. Het jul enige vrese of bekommernisse in die afgelope tyd gehad?
Tinus en Lana: ’n Mens moet anders begin dink oor jou finansies, leefstyl en uitgawes en leer wat dit is om werklik van die Here afhanklik te wees. Tinus moes ’n suksesvolle besigheid laat gaan. Dit was baie swaar, aangesien hy sy werk baie geniet het. Tog het die Here wonderbaarlik voorsien dat Tinus se broer die besigheid kon oorneem. Dit was weereens vir ons net ’n bewys van hoe goed God vir ons sorg.
Vraag: Ons as gemeente is opgewonde om te sien hoe die Here julle grondgebied vergroot en jul bediening seën. Ons bid vir julle!
Indien jy graag meer wil uitvind of op enige wyse betrokke wil raak by Tinus en Lana se bediening, kan jy hulle kontak by tinuse@nametours.co.za