Voetewas

Rondom Augustus 2004 het die gemeente die “voetewas” embleem in gebruik geneem. Dit was kort na ’n hartseer hoofstuk in ons gemeente se geskiedenis. Onderlinge vertroue was laag en verhoudings was broos. Die gemeente het ook pas twee nuwe leraars beroep en beide leraars het ervaar dat die Here gesê het dat Dalpark haar lidmate met liefde moes “terug dien”.
Om dit te kon doen was ‘n ingesteldheid van nederigheid nodig, asook ’n fyn aanvoeling vir die Heilige Gees. Daarom word ’n lap en ’n skottel met water uitgebeeld as metafoor om mekaar se voete te was. Ook die kenmerkende duif as teken van die Heilige Gees word op die embleem gevind.
In hierdie tyd is daar ongekende betrokkenheid by uitreike en diensgeleenthede. Om mekaar as geloofsfamilie te kon dien, was ’n vreugde – daarom die onderskrif: “Dalpark DIEN met vreugde.”