Vrees - 2 Maart 2014: Vreesagtigheid is iets wat baie gelowiges lamlê. Iewers kry dit, soos ‘n luislang, ‘n vasbytplek in ons lewens en draai ons dan mettertyd só in sy greep vas, dat dit die lewe uit ‘n mens pers. Die teenpool vir vrees is geloof - ‘n sekere wete dat God in my bedreigde situasie by my is en dat ek Hom ten volle kan vertrou. Maar wat as ek iewers langs die pad van die lewe seergekry het en ek sukkel om God te vertrou? Of as my teologiese raamwerk waar ek vandaan kom, veroorsaak dat ek ‘n inherente vrees vir God het?
In hierdie boodskap bied ons vir jou drie redes aan hoe jy kan WEET dat God vír jou is en nie teen jou is nie. Hierdie sekere wete dat God vir jou is, dat God jou liefhet, dat daar op grond van die geregtigheid van Jesus geen veroordeling meer is vir jou as kind van God nie, help jou om te groei van vrees tot geloof. Smaak, as deel van ons reeks in die 40 dae van Genade, die vryheid om te sê: ”Ek sal nie bang wees nie!”